Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Menu

  • Afrikaans

Dissiplinêre Appèlkomitee handhaaf Theuns du Toit se skorsing

Menswaardigheid is ononderhandelbaar by die Universiteit Stellenbosch (US) en moet gerespekteer en gehandhaaf word. Wanneer hierdie waardigheid aangetas is, moet dit herstel word ingevolge regsvoorskrifte, die toepaslike wette en die volle omvang waarvolgens die Grondwet die regte van almal in ons land beskerm.

Die US se standpunt as ‘n goedbestuurde instelling is dat die gereg sy loop moet neem en dat regulasies altyd nagekom moet word om die belange en regte van die slagoffers én beweerde oortreders te beskerm. Dit verseker regverdige, verdedigbare en volhoubare uitkomste.

Die permanente skorsing van mnr Theuns du Toit uit die Universiteit Stellenbosch (US) moet gehandhaaf word en hy mag nie na die Universiteit terugkeer nie.

Dít is die bevinding van ‘n onafhanklike dissiplinêre appèlkomitee (DAK) oor die appèl deur mnr Du Toit. Die DAK, onder leiding van ‘n onafhanklike advokaat, het die feite in die saak in ‘n appèl oorweeg. Ná die evaluasie van die beskikbare bewyse, het die komitee bevind die mnr Du Toit se permanente skorsing is ‘n gepaste sanksie vir die oortreding, soos bevind deur die onafhanklike sentrale dissiplinêre komitee (SDK) van die US. Om die volledige bevinding van die DAK te lees, klik  hier..

Ná ‘n voorval by Huis Marais op 15 Mei 2022, is mnr Du Toit se dissiplinêre verhoor op 23 Junie 2022 afgesluit. Die onafhanklike SDK het mnr Du Toit op 21 Julie 2022 skuldig bevind aan die oortreding van klousules 3.1, 9.1, 9.3, 13.1 en 13.2 van die US se Dissiplinêre Kode vir Studente. Hy is ook skuldig daaraan skuldig bevind dat hy die Aangepaste Koshuisreël in sake klousule 7 van die Kode oortree het.

Hierdie bevindings het die SDK genoop om tot die gevolgtrekking te kom dat daar geen alternatief was as om mnr Du Toit onmiddellik uit die Universiteit te skors nie. Hy het die reg tot appèl teen die SDK se bevindings of die sanksie gehad, wat hy uitgeoefen het.

Daar is ook met kriminele klagte in verband met die voorval deurgegaan. Hierdie regsprosesse is nie binne die jurisdiksie pf beheer van die US nie, maar die Universiteit sal sy volle samewerking gee. Die Nasionale Vervolgensgesag (NVG) het bevestig dat hulle mnr Du Toit vir kriminele saakbeskadiging en crimen injuria gaan ondersoek en vervolg. Die US sal ook in hierdie proses sy volle samewerking gee in ooreenstemming met sy verantwoordelikheid ter ondersteuning van die Grondwet van Suid-Afrika.

Prof Deresh Ramjugernath, die US se Viserektor: Leer en Onderrig, het in kommentaar op die uitslag beklemtoon dat die DAK, net soos die SDK, onafhanklik van die Universiteitsbestuur funksioneer in dissiplinêre sake wat dit aanhoor en in die sanksies wat dit oplê.

Hy het bygevoeg dat daar regdeur die proses volgens regsvoorskrifte opgetree is, insluitende gedetailleerde ondersoeke wat gedoen is. Die Universiteit en die onafhanklike, objektief saamgestelde komitee het in al hierdie verrigtinge die US se Dissiplinêre Kode vir Studente gevolg. “Die Universiteit het die saak in ‘n baie ernstige lig beskou, maar het in die belang van regverdigheid en ‘n regverdige uitkoms die reg tot appèl ondersteun,” het hy bygevoeg.

Die reaksies en emosies wat die voorval by Huis Marais ontlok het, soos die Khampepe-kommissie ook in sy verslag oorweeg en weerspieël het, het vir die bestuur van die US benadruk dat die geleefde ervarings van baie studente en personeellede erken en aangespreek moet word. Die US verbind hom weer eens onvoorwaardelik tot die ideaal van ‘n inklusiewe universiteit van wêreldgehalte in en vir Afrika.

More articles

Prof Thuli Madonsela in gesogte VN pos aangestel

Fasiliteitsbestuur maak hande vuil by Laerskool AF Louw in Stellenbosch vir Mandeladag

Living with little Monsters amptelik bekend gestel

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!