Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac

Menu

  • Afrikaans

Jong alumnus wen kompetisie vir entrepreneurs

‘n Alumnus van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lindelwa Mahlalela, is onlangs as die wenner van die Motsepe-stigting se eerste Golden Circle-kompetisie aangewys vir haar aanlyn onderneming, LeeConnect.

Mahlalela het in 2021 met ‘n Diploma in Volhoubare Ontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer. Sy het haar onderneming in 2018 vanuit ‘n openbare biblioteek begin.

Golden Circle is ‘n platform vir jong, semi-gevestigde entrepreneurs wat op soek is na kapitaalinspuitings en nasionale en internasionale netwerke wat hul impak en hul vermoĆ« om goed te doen, kan uitbrei. Die kompetisie het meer as 80 inskrywings ontvang. Die beste drie moes aanbiedings oor hul ondernemings aan die beoordelaars Allan Raiz, Brain Dames, Brian Smith, Herman Singh en Phuthi Mahanyele-Dabengwa doen. Die wenner is gekies op grond van streng kriteria, waaronder die onderneming se vermoĆ« om aan ‘n sosiale behoefte te voldoen en finansiĆ«le volhoubaarheid te verseker.

Mahlalela sĆŖ die kompetisie het haar die geleentheid gegee om LeeConnect se dienste en die sosiale behoeftes wat hulle probeer verlig, ten toon te stel. LeeConnect help Graad 12-leerders met universiteits-, kollege- en beursaansoeke; loopbaanvoorligting; mentorskap en ekstra klasse om hul uitslae te help verbeter.

ā€œOm hierdie kompetisie te wen, het my die selfvertroue gegee dat daar inderdaad hoop en geleenthede bestaan om my onderneming tot ‘n groter skaal uit te brei en meer leerders te ondersteun. Dit is ‘n groot mylpaal wat ons gehelp het om die standaard van ons dienste te verhoog en ons die finansiĆ«le hupstoot gegee het om groter hoogtes te bereik.”

As wenner het Mahlalela nie net ‘n kontantprys van R80Ā 000 losgeslaan nie, maar ook sakementorskap en ondersteuning van die Motsepe-stigting.

Mahlalela het gesĆŖ haar studies het haar toegerus met die nodige vaardighede en inligting om nie net suksesvol te wees in die kompetisie nie, maar ook in haar besigheid.

ā€œOns het gereeld aanbiedings gedoen wat my gehelp het om my vaardighede te verbeterĀ en my van ander te onderskei. Alles wat ons gedoen het, was meer prakties as teoreties en dit is hoe dit in besigheid ook is – jy moet weet hoe om te implementeer. Dit het my in staat gestel om met kreatiewe oplossings vorendag te kom vir die uitdagings wat ons as ‘n aanlyn onderneming in die gesig staar, soos om die vertroue en begrip van kliĆ«nte te wen.”

In haar toekomsplanne vir die besigheid voorsien sy dat sy dit op ‘n groter skaal sal bedryf om nie net graad 12-leerders te inspireer nie, maar ook gegradueerdes wat geleenthede soek om vaardighede aan te leer en ervaring op te doen.

Sy het onlangs by die Universiteit van Suid-Afrika vir ‘n BA-graad in Internasionale Betrekkinge ingeskryf, omdat ā€œek LeeConnect na ander Afrikalande wil uitbrei”. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde IT-tegnikus.

Maar diƩ Matie-alumna se talente en passie is nie net beperk tot die entrepreneuriese sektor nie. Sy het ook onlangs as onderwys-assistent by die Laerskool Salubindza in Mpumalanga gewerk.

ā€‹ā€œEk is mal oor onderwys en dit is my doel om mense wĆŖreldwyd op te voed om in hulself te glo en hul drome na te streef,” het sy gesĆŖ. “DiĆ© posisie het my die geleentheid gegee om opvoedkundige geleenthede vir laerskoolkinders te beplan, om leer prettig te maak en om hul vaardighede en talente buite die klaskamer aan te vul.”

Sy het haar ma, Thobile Hlatshwayo, bedank dat sy haar drome ondersteun het en haar gehelp het om in die vrou te ontwikkel wat sy is.

Die drie jaar lange program in Volhoubare Ontwikkeling word deur die Skool vir Publieke Leierskap aangebied. Dit is daarop gemik om studente in die beginsels van volhoubaarheid en entrepreneurskap op te lei met die oog op toekomstige sosiale impak en ekologiese restourasie. Die program voorsien student van teoretiese kennisĀ enĀ praktiese ondervinding oor sake soos volhoubare tegnologie, kompleksiteit en ekologie, sosiale entrepreneurskap, leierskapsontwikkeling, sosiale aktivisme, kleinsakebestuursvaardighede, kreatiwiteit en storievertelling.

  • ​’n Een jaar langeĀ Gevorderde Diploma in Volhoubare OntwikkelingĀ word vanafĀ 2023 aangebied. Vir verdere besonderhede, woon asb. die aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling by opĀ Woensdag,Ā 21 September vanĀ 17:30 – 18:30Ā via MS Teams. Om vir die aanlyn sessie te registreer,Ā kliekĀ hier.
  • Aansoeke vir die GevorderdeĀ Diploma in Volhoubare OntwikkelingĀ sluit opĀ 30 September.

More articles

Studie ondersoek vleisalternatiewe suid van die Sahara

Opvoedkundige sielkunde studente aangemoedig om die samelewing te dien

SAMNR-toekenning ondersteun navorsing oor gestremdheidsoorwegings tydens Covid-19

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • NamibiĆ«
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • BreĆ«riviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!