Beste Konvokasielid
Baie dankie vir u deelname aan die buitengewone vergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) Konvokasie op 1 Junie 2023.
Na ‘n deeglike ouditproses kan ons aankondig dat Mosie 1 die hoogste aantal stemme in sy guns ontvang het.
Sien intussen ‘n uiteensetting van die stemuitslae:
Stembriewe
Vir die mosie: 274
Teen die mosie: 98
Buite stemming: 2
Bedorwe stemme: 0
Aanlynstemme
Vir die mosie: 1285
Teen die mosie: 713
Buite stemming: 26
Bedorwe stemme: 0
Totaal:
Vir die mosie: 1559
Teen die mosie: 811
Buite stemming: 28
Bedorwe stemme: 0
Na ‘n deeglike ouditproses kan ons aankondig dat Mosie 2 gefaal het nadat die hoogste aantal stemme teen die mosie ontvang is.
Stembriewe
Vir die mosie: 85
Teen die mosie: 223
Buite stemming: 12
Bedorwe stemme: 0
Aanlynstemme
Vir die mosie: 849
Teen die mosie: 1089
Buite stemming: 86
Bedorwe stemme: 0
Totaal:
Vir die mosie: 934
Teen die mosie: 1312
Buite stemming: 98
Bedorwe stemme: 0
In terme van die Prosedure vir die bereëling van die buitengewone Konvokasievergadering op 1 Junie 2023 let asseblief op die volgende:
Indien geen geldige besware ontvang word binne twee besigheidsdae nadat die e-pos uitgestuur is aan die lede van die Konvokasie nie, word die stemming geldig en die uitslag as finaal geag. Enige besware moet binne twee besigheidsdae aanhangig gemaak word by die US Registrateur of haar afgevaardigde via verkiesings@sun.ac.za. Die ad hoc-voorsitter van die buitengewone vergadering sal alle besware hanteer.
Neem asseblief kennis dat die Universiteit op ʼn latere stadium inligting oor die volgende stappe met u sal deel. ‘n Opname van die vergadering sal ook op die toegewyde Konvokasie-webblad geplaas word.
Beste wense
Oudregter BM Griesel
Ad hoc-voorsitter