Beste mede-Maties in die Verenigde Koninkryk en die Republiek van Ierland
Die COVID-19 virus bied ongekende uitdagings vir ons almal.
Ook ons vriende en familie in Suid-Afrika staar die beduidende impak in die gesig wat hierdie pandemie bring.
Ek kan my net voorstel hoe sommige van julle — indien nie almal nie — voel om so ver weg van jou breër families te wees in hierdie moeilike tyd.
Wees tog bedag en maak seker jy kry jou inligting van toepaslike bronne, soos die baie nuttige Britse NHS-webwerf https://www.nhs.uk/conditions/coronavirus-covid-19/.
Neem asseblief ook die nodige voorsorgmaatreëls om jou en jou onmiddellike gesin veilig te hou. Onthou ook om toepaslike sosiale distansiëring te handhaaf en om jouself in afsondering te plaas waar nodig.
Indien jy afgesonder voel en hulp benodig, voel asseblief vry om my te kontak – al is ek honderde kilometers ver. Ons het beslis ‘n groot Maties-netwerk in die Verenigde Koninkryk en Ierland — en ek is seker dat ons van hulp kan wees in jou nabye omgewing.
Volg ons op sosiale media en Maties Connect en besoek ons webwerf waar ons hoop om meer virtuele toere en geleenthede in die komende maande met jou te deel.
Ons alumni-betrekkinge-span in Suid-Afrika en in ander wêrelddele werk tans weg van die kantoor, maar kan gekontak word met enige vrae of navrae by alumni@sun.ac.za.
Dankie vir jou geduld en toewyding. Ons waardeer jou volgehoue ondersteuning.
Sterkte Maties – ons sal oorwin!
Matie-groete
Darryn
VK Direkteur vir Fondswerwing binne die US se Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge Afdeling