Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

FGGW se ‘Mighty Milkwoods’ geїnspireer deur Greenpop se boomplantfees

Hierdie artikel is ʼn eerstehandse verslag van FGGW-studente se ervaring by die Greenpop Reforest Fest 2022.

 

ʼn Paar weke gelede het ʼn groep van tien Tygermaties met groen vingers ʼn minibus propvol gepak met kampgereedskap en afgesit na die Bodhi Khaya Natuurrusplek in Stanford om deel te neem aan Greenpop se Reforst Fest 2022.

Die drie-dag byeenkoms is ʼn boomplantfees vir die hele gesin, en die hoofdoelwit was om inheemse bome (melkhout, wildeolyfbome, pokkiesysterhout, blaasneut, ens.) te plant op ʼn perseel wat voorheen bebos was. Die projek maak deel uit van die Walker Bay Fynbosbewaringsraad se groter ekosisteem herstelsplan.

Met behulp van ʼn borgskap deur die Universiteit Stellenbosch Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se Dekaan se Advieskomitee vir Omgewingsvolhoubaarheid (DACES), kon ons [die groep studente] help om gedegradeerde land te herstel, omgewingswerkwinkels bywoon en verskeie feesaktiwiteite geniet.

Dag 1 – Na ʼn uur en ʼn half lange reistog van Tygerberg tot by Stanford het ons die gedugte taak gehad om kamp op te slaan. Vir ʼn paar van ons was dit die eerste keer wat ons kamp en het ons geen idee gehad hoe om ʼn tent op te slaan nie. Ons moes ook by die buitelewe aanpas, wat kompostoilette, koue storte en geen selfoonopvangs beteken het. Deur volharding, spanwerk en met behulp van Google kon ons ons klein kampie opslaan. Vir die res van die aand het ons die feesaktiwiteite ondersoek en ons mede-Maties om die kampvuur leerken.

Dag 2 – Die tweede dag het afgeskop met ʼn aktiewe oggendroetine en die res van die dag was daaraan toegewy om bome te plant. Ons het by die rooispan, genaamd ‘Mighty Milkwoods’, aangesluit, en die hele dag lank gate gegrawe, bome geplant, gesing en deklae gegooi op ons perseel. Ons het ʼn ‘Mad Hatters’-tee gehad en die res van die dag lank deurgebring in sieltransformerende terapie en gedagtige bewegingsessies.

Die aand het ons gedans op die lewendige musiek van talentvolle kunstenaars soos Hot Water, The One Who Sings (Zolani Mahola) en die Greenpop medestigter, Jeremy Loops, wat by die fees opgetree het. Ander gewilde aktiwiteite was sterrekyk en om geselsies te maak om die kampvuur om warm te bly.

Dag 3 – Op die derde en laaste dag het ons ʼn praatjie bygewoon van Tasneem Karodia (Mzansi Meat) oor gekweekte vleis en Gray Maguire (Climate Neutral) oor vernuwende landbou. ʼn Paar van ons het ʼn begeleide stap gedoen saam met Francois Krig, die Platbos-opsigter. Daarna moes ons die kamp oppak en ons weg terug maak stad toe na die realiteit van toetse, spertye, kliniese werk en stres. Maar iets het verander aan die manier hoe ons die wêreld sien.

Lerato Homu (MSc Farmakologie) het gesê: “Ek gaan vir ewig die lesse, samesyn, pret en die lewensveranderede ervaring koester wat ek saam met hierdie ongelooflike mense ervaar het.” Matthew Blows (MBChB III, Meerhof HK) het gesê: “Ons wil hê mense moet hierin deel en toegewyd wees aan volhoubaarheid, en die wonderlike tyd wat ons in die natuur gehad het ook ervaar.” Christina Mouton (MSc Farmakologie) het gesê: “Die bosfees by Bohdi Khaya was ʼn waardevolle ervaring en ek sal die herinneringe van die naweek koester.”

Die FGGW-studente wil DACES bedank vir die geleentheid om met hierdie gemeenskap van mense te skakel wat die aarde liefhet en dit wil beskerm.

Onderskrif: Tygermaties by Greenpop se Reforst Fest 2022.

More articles

#Action4Inclusion: Baie dankie vir julle vrygewige donasies

Francois van Coke, wynmakers by Maties Soireé

Maties skud hul vere reg vir Skenkingsdag 2021

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!