Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Kampus Skenkingsdag skop US se Jaarfonds, Bride the Gap af

Die Universiteit Stellenbosch (US) se gemeenskap het in groot getalle opgedaag en hul volle ondersteuning aan die Universiteit se jaarlikse Kampus Skenkingsdag gebied wat onlangs op die Stellenbosch-kampus plaasgevind het.

Kampus Skenkingsdag 2021 vorm deel van die Jaarfonds, Bridge the Gap, wat daarop gemik is om die struikelblokke wat Maties verhoed om ‘n betekenisvolle studente-ervaring te geniet en daardie gesogte graad te behaal, uit die weg te ruim. Die Universiteit samel fondse vir verskeie inisiatiewe in onder die sambreel van Bridge the Gap. Dit sluit in #Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, End Period Poverty, #MatiesHaveDrive en Caught in the Middle. ​

Die Kampus Skenkingsdag-aktiwiteite – wat oor ‘n paar dae versprei is om sosiale distansie en aandklokreëls te akkommodeer – het 5-per-span sokkerwedstryde, ‘n spoedtennistoernooi en ‘n filmmarathon by die Pulp Cinema ingesluit, terwyl koshuise en Privaat Studente Organisasies gevra is om die bome in Victoriastraat tussen Dagbreek en Irene te versier.

Die Dekane van AgriWetenskappe en Ingenieurswese, proffs Danie Brink en Wik​us van Niekerk, het ook nie vir die aksie teruggestaan nie. “Ons Dekane van AgriWetenskappe en Ingenieurswese het regtig die grense verskuif, en ons is so dankbaar. Hul fakulteite het trollies en trollies met nie-bederfbare voedsel aan die hoofkantoor van Bridge the Gap gelewer. Ons maatskaplike werkers was uit die veld geslaan!” sê Karen Bruns, Senior Direkteur by die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge.

Viwe Benxa, Bridge the Gap-ambassadeur en een van die organiseerders van Skenkingsdag, het gesê dat selfs ‘n gebrek aan toeskouers (weens COVID-19-regulasies) die deelnemers nie daarvan weerhou het om mee te ding soos min nie. “Ons het soveel pret gehad, en natuurlik omdat ons geweet het dat al die aktiwiteite ‘n goeie saak sou bevorder, was dit nog meer lonend.”

Die onderskeie spanne het kop-aan-kop gewedywer totdat een span as oorwinnaar uit die stryd getree het. Die wenners van die tennistoernooi was Silene en Eendrag (dubbelspel); naaswenners was Isa en Majuba; Lydia (enkelspelers) en naaswenner, Isa. Die wenners van die sokkertoernooi was ‘n mansspan van die Russel Botman-huis, die vrouekoshuiswenner was Irene en die wenners van die gemengde spel was Serruria en Huis Neethling.

“Die filmmarathon het die ganse dag oue goues vertoon: The Shawshank Redemption, Forrest Gump en Black Panther was omtrent gewild. Black Panther was beslis die grootste lokettreffer op die dag en ons het R8 000 se kaartjieverkope ingesamel!

“Die boomversierders het ook baie moeite gedoen. Ons was dit almal eens dat die boom van Monica ongelooflik mooi was, maar Venustia het diep getref in terme van ywer en kreatiwiteit,” het Benxa bygevoeg.

Die US se rektor en visekanselier, prof Wim de Villiers, en ‘n span van 19 fietsryers wat bestaan het uit alumni, personeel, studente en langasemvriende van die Universiteit, het op Sondag 10 Oktober die Skenkingsdag-aktiwiteite afgesluit deur deel te neem aan die Kaapstad-fietstoer en fondse in te samel vir #Move4Food, een van die prioriteitsinisiatiewe van die Jaarfonds.

“Om van die Jaarfonds ‘n sukses te maak beteken dat almal skouer aan die wiel moet sit. En te oordeel aan die reaksie en vrygewigheid wat ons op Kampus Skenkingsdag waargeneem het, kan ek net goeie dinge op die pad voorentoe sien. Vir dié van julle wat nog steeds wonder hoe om jou deel te doen … daar’s oorgenoeg geleenthede. Gee daardie ekstra koppie koffie ‘n mis; as jy verjaar, kan jy daaraan dink om jou vriende en professionele netwerk te vra om ‘n skenking te maak in plaas van ‘n verjaardaggeskenk te koop; hardloop ‘n paar kilometer ter ondersteuning van Bridge the Gap en word terseldertyd fiks … Ons is hier en slaggereed om jy te help om ‘n blad op GivenGain vir jou fondsinsamelingsinisiatief te skep. Elke bietjie sal beslis help!” het Bruns mee afgesluit.

Die Bridge the Gap Jaarfonds duur tot Junie volgende jaar. As jy betrokke wil raak, besoek gerus die onderskeie sosiale media-kanale, Facebook (Bridge The Gap (SU), Instagram (@bridgethegapsu) en Twitter (@bridgethegap_su) of stuur ‘n e-pos na: bridgethegap@sun.ac.za.

More articles

Nominasie: visepresident US-Konvokasie

Nominasie van Uitvoerende Komitee

Stefan ‘opgewonde’ oor unieke PhD-geleentheid wat oor drie kontinente strek

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!