Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Sentrum vir Globale Chirurgie neem gesondheidsonderrig na landelike gemeenskappe

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Globale Chirurgie (SGC) het ʼn projek onderneem om gesondheidsonderrig in landelike gebiede in Suid-Afrika te verbeter.

Die SGC het ʼn vennootskap aangegaan met die nie-regeringsorganisasie, One to One Africa, om die bestuur van diabetes op gemeenskapsvlak te verbeter in die Oos-Kaap, waar sowat 134 uit elke 10 000 mense daardeur geraak word.

Sedert 2014 het One to One Africa ʼn program geborg vir gesondheidswerkers in die gemeenskap, genaamd Enable. Hierdie projek bemagtig vroue wat in hulle eie gemeenskappe werk deur voorgeboorte gesondheidsondersoeke te doen. Hierdie vroue, wat Mentor Moeders genoem word, besoek soveel as 200 huisgesinne in hulle onderskeidelike gemeenskappe. In ʼn poging om hulle impak uit te brei na ander gesinslede, het die Mentor Moeders opleiding ontvang oor diabetes mellitus (DM). Hierdie opleiding is deur ʼn nadokterale genoot by die SGC, dr Eyitayo Owolabi, georganiseer.

Owolabi, ʼn opgeleide verpleegster en verloskundige, is toegewy daartoe om die bestuur van nie-oordraagbare siektes in landelike gebiede te verbeter. Haar PhD, wat sy by die Universiteit van Fort Hare voltooi het, het gefokus om die kliniese bestuur van DM op ʼn primêre gesondheidsorg-vlak deur herinneringe aan pasiënte te stuur. Terwyl sy besig was daarmee het sy besef dat baie pasiënte min basiese kennis oor DM het, en haar hipotese was dat indien hulle bemagtig word, hulle vroeër hulp sal soek en voorspraak maak vir hulle eie gesondheid.

Owolabi het in 2020 by die SGC aangesluit en begin werk aan navorsingsprojekte wat verband hou met diabetiese voet-infeksie, ʼn chirurgiese komplikasie wat kan lei tot amputasie indien dit nie vroeg genoeg opgetel en behandel word nie. Sy het ʼn grondslagkennis studie gedoen wat bevestig het dat die kennis oor die erkenning en behandeling van diabetiese voet-infeksie laag was onder lede van die gemeenskap, insluitende diegene met DM.

Met behulp van befondsing van die Ukwanda Sentrum vir Landelike Gesondheid het Owolabi opleiding georganiseer vir die Mentor Moeders oor DM, insluitende voetsorg en -ondersoeke wat op bewysgebaseerde riglyne gegrond is. Die Mentor Moeders het sedertdien hierdie diabetes bestuurstegnieke toegepas tydens hulle huisbesoeke. Hulle ondersoek volwasse kliënte vir tekens en simptome van diabetiese voet-infeksie en verwys hulle na gemeenskap gesondheidsentrums indien nodig. Voorts onderrig hulle hulle kliënte en hulle gesinslede oor DM en diabetiese voet-infeksie sodat hulle hulp sal uitsoek as hulle dit benodig.

Gemeenskapsgesondheidswerkers kan ʼn baie belangrike rol speel in die sifting vir DM, insluitende om individue te identifiseer en in kontak te bring met sorg vir diabetiese voet-infeksie. Die SGC beplan om die impak van hierdie opleiding te meet met ʼn langertermyn doelwit om hierdie intervensie op te skaal en verwysing en toegang tot chirurgiese sorg, veral in landelike gebiede waar gesondheidsorg baie ongelyk is.

 

*Lynn Bust is ʼn senior navorsingsassistent by die Sentrum vir Globale Chirurgie in die Departement Globale Gesondheid by die Universiteit Stellenbosch.

More articles

Art Allies

COVID-19: Toegang tot aanlyn onderrig en studentedienste

Die belang van ‘n internskap

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!