Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Twéé Fiёstas vir nagraadse onderwysstudent na talle afkeurings

In Maart vanjaar is Nagraadse Onderwysstudent, Adriaan Havenga, met twéé Fiёsta-toekennings beloon. Hy is aangewys as die wenner in die kategorieё Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks, verwerking of vertaling asook Beste opkomende kunstenaar. Dit was sy eerste nominasies en toekennings.

“Dit was ‘n oorweldigende oomblik, omdat die kategorieë direk na mekaar aangekondig is. Die oorhoofse gevoel wat ek ervaar het, was dankbaarheid en baie adrenalien” vertel Havenga.

Die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks wat hy geskryf het, Iewers in die grys, is in 2020 tydens die COVID-pandemie geskryf en nadat dit ‘n paar keer by feeste afgekeur is, het Havenga in 2022 besluit om dit onafhanklik op die planke te bring. Daarna het hy en sy mede-aktrise, René Cloete (ook ‘n oud-Matie), die kans gehad om in 2022 by die Woordfees op te tree, wat verdere deure oopgemaak het.

Iewers in die grys is ‘n drama wat die vriendskap van twee plattelandse skoolleerders ondersoek oor ‘n tydperk van sestien jaar. Dis 2003. Heather is ‘n bruin matriekdogter wat Medies wil gaan studeer en sy en die nuwe wit ou in die skool, Gideon, kliek dadelik, veral wanneer sy besef dat hy ook Medies wil gaan studeer. Hulle word beste vriende, maar oor die jare dreig geheime, jaloesie en rassisme om hulle spesiale verhouding uitmekaar te skeur. Hulle het altwee drome vir die toekoms, maar hoe word ‘n lugkasteel bo gehou in ‘n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk?

Havenga het drama studeer (2018 – 2020) en daarna vir twee jaar vryskutwerk gedoen. Hy is vanjaar besig met sy Nagraadse Onderwyssertifikaat. “Ek studeer onderwys omdat ek my opsies oop wil hou in terme van werksgeleenthede. Dit sal vir my lekker wees om altyd deel van die vermaaklikheidsbedryf te wees, maar in daardie bedryf is werk nie noodwendig altyd verseker nie. Onderwys kan moontlik vir my die geleentheid gee om in stil seisoene (in terme van die drama-bedryf) steeds ‘n inkomste te verdien. Ek dink ‘n mens kan baie by kinders leer.”

Sy toekomsplanne is in plek, maar hy is bereid om dit te wysig as daar ander goeie geleenthede oor sy pad kom. Aanpasbaarheid en ‘n positiewe ingesteldheid is volgens Havenga baie belangrik. “Stories het die mag om mense diep aan te raak, mense op verbeeldingsvlugte te neem en wêrelde te open. Ek wil graag mense se idees uitdaag, mense inspireer en hopelik ook nog stories vertel wat positiewe verandering bring en wat mense van Jesus vertel.”

  • Iewers in die grys is by die Suidoosterfees: 28 April om 20:30 en 1 Mei om 14:30 in die Repteater by Artscape. Kaartjies beskikbaar by Computicket.
  • Skrywer: Elbie Els
  • Foto: Jonathan Lestrade

More articles

Menswaardigheid aan die hart van geneeskunde: dr Imtiaz Sooliman

Prof Wesaal Khan help verseker almal het toegang tot veilige, bekostigbare drinkwater

Nuwe model werp nuwe lig op oorsprong van mense in Afrika

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!