Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Universiteit Stellenbosch- verklaring: Die korrekte feite

Met verwysing na onlangse artikels wat betrekking het op Stellenbosch-alumni en die Universiteit Stellenbosch (US) Konvokasie, asook ‘n verklaring wat deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie gesirkuleer is, moet die US verskeie feitefoute uitwys.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Universiteit se alumni verskil van die US Konvokasie. Alumni sluit almal in wat tot en met die tweede studiejaar aan die Universiteit studeer het.​ Die Konvokasie van die Universiteit bestaan uit: (a) alle persone aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.

Die doel van die Konvokasie, en dus ook die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, is volgens die Statuut van die US “om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ʼn wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van die Konvokasie te handhaaf, en mag die Raad, en die Senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer”.

Volgens die Institusionele Reëls vir die Konvokasie is die Konvokasie deel van die US-gemeenskap. Dit is nie ‘n afsonderlike regsentiteit nie en kan nie teen die US litigeer nie. Ook volgens die Institutionele Reëls help die Konvokasie se Uitvoerende Komitee die Konvokasie om sy oogmerk te bereik en sy funksie uit te voer. Die Uitvoerende Komitee gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie.

Die Universiteit wys daarop dat die Konvokasie se Uitvoerende Komitee nie met die Konvokasie gekonsulteer het voordat die verklaring uitgereik is nie.

Dit is verder verkeerd om te sê die Konvokasie het ‘n besluit geneem om ‘n mosie te bring aangesien dit nie plaasgevind het nie. Die Konvokasie moet aan die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie die magtiging gee om dit te doen.

Op grond hiervan kan ‘n werknemer nie ‘n besluit oor die verspreiding van ‘n verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie neem nie, en toe die versoek van die Uitvoerende Komitee geëskaleer is, het die Rektoraat dit nie as raadsaam geag om ‘n verklaring aan die Konvokasie te versprei wat nie die vereiste proses gevolg het nie.

Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie bestaan uit 5 persone: die President van die Konvokasie wat as voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien; die Visepresident wat as Voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien in die afwesigheid van die President; die Sekretaris van die Konvokasie; en twee lede verkies soos uiteengesit in 3.2  in die Prosedure vir die benoeming en verkiesing van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.

Bykomende belangrike feite om na op te let:

  • Daar is meer as 230 000 US-alumni. In hierdie geval sou dit hoogstens die vyf lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie wees wat moontlik aangedui het dat hulle hoogs ontevrede is soos in die media berig is. Dit kan ook nie die US Konvokasie wees nie omdat hulle nie vergader het nie en geen besluit geneem het voor die vrystelling van hierdie verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie nie.
  • Om bogenoemde redes kan dit ook nie die Universiteit se alumni wees wat “nie in staat was om die mosie te versprei nie” soos ook in die media berig is nie –​ dit was die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie wat hul verklaring aan lede van die Konvokasie versprei wou hê.
  • Daar is ook geen “mosie van wantroue” deur die Konvokasie nie. Lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie het gevra dat die Rektor en Visekanselier bedank.
  • Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie is nie in ‘n posisie om ‘n “amptelike opdrag” aan die Universiteit te gee om die verklaring te versprei nie. Die US Statuut en di​e Institusionele Reëls vir die Konvokasie sit die rol en mandaat van die Konvokasie en die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie uiteen.​
  • Die interne omsendbrief aan US-personeel verlede week wat die toelating van ‘n tweede familielid onder die diskresionêre plasingsbeleid​​ bevestig, is deur die Universiteit versprei en nie deur die waarnemende voorsitter van die Raad, dr Nicky Newton-King, nie.
  • Met betrekking tot ‘n sin in ‘n News24-artikel wat lui: “Earlier this week, News24 reported that a second family member had been placed at the university without De Villiers disclosing it to the council”, wys die Universiteit daarop dat dit die Rektor en Visekanselier was wat die aandag van lede van die Uitvoerende Komitee van die Raad gevestig het op die feit dat hy sy diskresie onder dieselfde beleid en Diskresionêre Plasingsriglyne gebruik het om ‘n ander familielid vroeër in ‘n program aan die US te plaas.
  • Die US Statuut is hier​ beskikbaar.
  • Die Institusionele Reëls vir die Konvokasie is hier ​beskikbaar.

More articles

Besoek aan SciMathUS deur Kansas Universiteit skep geleenthede vir samewerking

Jerobiam gryp geleenthede aan

Internasionale Dag vir Verpleegkundiges: Verpleegkundiges in langtermyn-versorgingsfasiliteite benodig verbeterde opleiding in medikasie en inligtingtegnologie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!