Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Menu

  • Afrikaans
  • English

US-studente leer Ghana beter ken

Die Sentrum vir Samewerking in Afrika (CCA) van Universiteit Stellenbosch (US) Internasionaal het drie US-studente die geleentheid gebied om op 30 Junie en 1 Julie 2022 aan die Universiteit van Ghana (UG) se somerskool getiteld Ghana to the World (GTW) deel te neem. UG is een van die US se omvattende bilaterale Afrikavennote.

Die GTW-program stel studente aan Ghana en Wes-Afrika bekend terwyl hulle aan prettige aktiwiteite op die UG-kampus deelneem. Die program vertel die verhaal van Wes-Afrika uit Ghana se oogpunt, bevorder begrip tussen kulture, en betrek studente van oor die hele wĆŖreld by gesprekke oor Afrikagerigte kwessies.

Aktiwiteite is in drie kategorieĆ« ingedeel: ‘n keusemodule of navorsingsprojek om deelnemers aan die gesels te kry oor kwessies eie aan Afrika, vrywilligerwerk om studente aan die gemeenskapslewe in Ghana bekend te stel, en ‘n kulturele ervaring met besoeke aan geskiedkundige terreine en toeriste-aantreklikhede. Vir die vrywilligerkomponent het die program vanjaar kragte saamgesnoer met ActionAid Ghana, ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat armoede wil verlig en sosiale geregtigheid en geslagsgelykheid in Ghana wil bevorder. GTW-deelnemers kon handjie bysit by ‘n werksessie waar gemeenskapsleiers bygestaan is met raad oor hoe om geweld teen vroue en dogters in hulle onmiddellike omgewing stop te sit. Die studente het ook ‘n spesiale Kinderparlementsitting bygewoon om die Internasionale Dag vir Kinders van Afrika te vier.

GTW-lesings het gehandel oor onderwerpe soos Afrikageskiedenis, die diaspora en Ghanese openbare gesondheidsorg, sowel as Twi-taalklasse. Vir ervaringsleer het die studente besoek afgelĆŖ by terreine van kulturele belang, waaronder die Assin Manso-slawerivier, waar hulle oor die berugte trans-Atlantiese slawehandel geleer het, en die Elmina-slawekasteel, wat een van die belangrikste punte op die slawehandelroete was.

Deelnemers het ook die bedrywige Makolamark en Kakum Nasionale Park besoek, die Ghanese hoofstad Accra verken en die plaaslike kos op die proef gestel.

ā€œGhana to the World was ‘n prettige, verrykende en intellektueel stimulerende ervaring, en ek sal dit vir enigiemand aanbeveel,” sĆŖ een van die US se deelnemers, Stefni van der Walt. ā€œDie organiseerders het seker gemaak dat ons die Ghanese kultuur deur kos, dans en baie ander kosbare ervarings beleef, wat die besoek ‘n onvergeetlike avontuur gemaak het!”

Vir verdere inligting oor ander somerprogramme waaraan die US deelneem,Ā gaan na:Ā http://www.sun.ac.za/english/SUInternational/current-students/attend-a-partner-summer-school.

More articles

Universiteite in gesprek oor transformasie

Ses nuwe alumni-takke by Matie-netwerk gevoeg

Haar hart klop en haar speke sing vir ander

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • NamibiĆ«
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • BreĆ«riviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!