Die Londen Stellenbosch Vroue-alumnaenetwerk (in Engels SWAN) nooi jou uit om aanlyn by ons aan te sluit met jou gunstelingskemerkelkie en te ontspan terwyl ons met Lauren Stewart Tack gesels. Klik hier vir meer oor Lauren Stewart Tack.
SWAN is ‘n spesiale belangegroep wat vroue byeenbring rondom gemeenskaplike kwessies en belangstellings wat hulle sowel persoonlik as professioneel na aan die hart lê. Hierdie netwerk wil veral Matie-trots onder vroue-alumni wêreldwyd kweek en bied platforms vir netwerkvorming, sosiale skakeling en loopbaanontwikkeling.
Matie-vroue het al wêreldwyd heelwat sukses behaal! Nietemin is daar steeds sommige wat glo dat vroue nie in hulle alma mater belang stel, ‘n toegewyde netwerk nodig het óf wil of kan teruggee nie.
Die SWAN-platform bevraagteken hierdie wanopvatting deur ‘n netwerk te bou wat vroue, hulle leierskap en filantropiese gees op die voorgrond stel.
Datum: Donderdag 9 Julie 2020
Tyd: 19:00 — 20:00 (BST)
Waar: Aanlyn (‘n Skakel na die uitvoering, tesame met die huisreëls, word aan jou gestuur by ontvangs van jou RSVP)
RSVP: E-pos vir darrynh@sun.ac.za teen 7 Julie 2020.
Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!