Loading Events

Covid-19: Entstowwe gesprek

Jy word genooi om in te skakel vir ‘n aanlyn gesprek oor die COVID-19-entstowwe deur gesondheidsberoeplui. Die geleentheid vind plaas op Donderdag 25 Februarie 2021 van 17:00 tot 18:30 SAST.

Die sprekers gaan gesels oor die effektiwiteit en veiligheid van die verskillende COVID-19-entstowwe, asook wat die nuwe variante vir die entstowwe en uiteindelike beheer van die pandemie beteken.

Die sprekers sluit in:

  • Professor Gerhard Walzl – Molekulêre Biologie en Mensgenetika; Direkteur van die Immunologie Navorsingsgroep
  • Professor Wolfgang Preiser – Mediese Virologie
  • Professor Helmuth Reuter – Kliniese Farmakologie
  • Professor Hassan Mahomed – Publieke Gesondheid
  • Dr Jantjie Taljaard – Oordraagbare Siektes
  • Dr Therese Fish – Vise-dekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak (Universiteit Stellenbosch Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Datum: Donderdag 25 Februarie 2021
Tyd: 17:00 to 18:30
Plek: Aanlyn (MS Teams)
RSVP:Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za
(Die skakel na die geleentheid sal op Dinsdag 23 Februarie per e-pos gestuur word.)
Kalender: KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek te voeg.

Ons sien uit om jou aanlyn te verwelkom.