“There is no limit to what we, as women, can accomplish.” ‒ Michelle Obama
Die Universiteit Stellenbosch se Noordelike Voorstede Alumni-tak bied eersdaags hul heel eerste Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) geleentheid aan. Ons nooi graag alumnae in die Noordelike Voorstede van Kaapstand om aan te sluit by die feestelikhede.
Kom en bring tyd deur saam met ongelooflike Matie-vroue wat hul onderskeie rolle by die Universiteit sal bespreek en hoe hulle as vroue betrokke raak by transformasieleierskap. Dr Ronel Retief, die eerste vroue registrateur van die Universiteit, sal haar ervarings deel en Nicolette van den Eijkel, ons Hoofdirekteur Fasiliteitsbestuur sal hierdie gesprek fasiliteer.
Ons verwag lewendige en stimulerende gesprekke en ʼn opwindende netwerkgeleentheid.
Die besonderde van die geleentheid is as volg:
Datum: Saterdag 9 April 2022
Tyd: 09:30 – 12:00
Plek: Bon Amis, Oasis Deck (Aanwysings)
Koste: R120 (ontbyt en drankies ingesluit)
Betalingsbesonderhede sal verstrek word by ontvangs van jou RSVP.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za teen Woensdag 6 April te antwoord en deel gerus hierdie uitnodiging met mede-alumnae.
Ons sien uit na jou antwoord en om jou by hierdie wonderlike geleentheid te sien!