Kom sluit by ons aan vir 2022 se 947 Ride Joburg 97km padbyeenkoms en die 947 Ride Joburg 35km kortrit op Sondag 20 November. Dis die grootste jaarlikse viering van fietsry in Suid-Afrika. Hierdie wedrenne is oop vir alle fietsry-entoesiaste. Geniet die pret en kameraderie met ons spesiale uitgawe fietsryhemp terwyl jy terselfterdyd die Universiteit Stellenbosch se Jaarfonds Bridge the Gap (BTG) of ons Stellenbosch Bestuurskool se Alumnivereniging Future Fund ondersteun.
Bridge the Gap maak dit vir ons studentegemeenskap, personeel, alumni, ouers en vriende moontlik om ons studente te help met dinge wat hulle lewe onteenseglik bemoeilik.
Ons oogmerk is om die gaping tussen talent en finansiële behoeftigheid te oorbrug – iets waaroor ons almal besorg is. Die Future Fund maak besigheidsopleiding toeganklik vir verdienstelike studente vanoor die vasteland en jou ondersteuning sal toegang tot wêreldklas besigheidsopvoeding bevorder.
· Skryf in vir 947 Ride Joburg ter ondersteuning van Bridge the Gap of die Future Fund en word ‘n beïnvloeder. Stuur dan net ‘n e-pos aan Siya Ndlovu by ndlovus@sun.ac.za (BTG) om te registreer.
· Samel fondse in vir een van hierdie inisiatiewe deur op die GivenGain-platform aan te meld. Skep ‘n fondsinsamelingsbladsy en gebruik jou inskrywingsfooi as die eerste skenking. Jy sal ‘n bewyskode vanaf die Ride Joburg-webwerf ontvang om vir die fietsrit te registreer.
Ons het ongelukkig nie inskrywings vir die Bergfietsrenne nie, maar as jy ‘n inskrywing het of dit oorweeg om ‘n inskrywing aan te skaf, hoekom dit nie ter ondersteuning van Matie-studente doen nie?
Vir meer inligting om betrokke te raak of meer te weet van geldinsameling via GivenGain, stuur ‘n e-pos na ndlovus@sun.ac.za.
Wees die held in ‘n Matie-student se verhaal!