COVID-19 het die toekoms ongetwyfeld drasties verander en waarskynlik ook jóú lewe ingrypend beïnvloed. Sluit gerus aan by prof Stan du Plessis, bedryfshoof van die Universiteit Stellenbosch (US), vir ‘n aanlyn gesprek oor die ekonomiese implikasies van hierdie pandemie. Prof Stan sal besin oor die ekonomie van Suid-Afrika teenoor die ekonomiese konteks van Europa en hoër onderwys. Hy sal ook die geleentheid gebruik om jou op hoogte te bring van ontwikkelings by jou alma mater.
Datum: Donderdag 11 Junie 2020
Tyd: 12:30 tot 13:30 (CET)
Onderwerp: Breaking Adam Smith’s Pin Factory: What has the pandemic done to the South African economy, and the global economic condition?
Stuur ‘n e-pos aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP. Sodra ons jou e-pos ontvang, stuur ons ‘n e-pos met die huisreëls asook ‘n skakel om aan die gesprek deel te neem.
Ons kan nie wag om jou aanlyn te sien nie!