Die Universiteit Stellenbosch en die Stellenbosch Bestuurskool, in samewerking met die Trinity Bestuurskool in Dublin, Ierland, nooi jou om Afrikadag 2023 saam met ons te kom vier.
In ‘n wêreld wat dikwels verdeeld is oor politieke ideologie, is Afrikadag die viering van ons samekoms as Afrikane, ongeag ideologie en affiliasies. Dit is ‘n dag wanneer die mense van Afrika hul identiteit en die gemeenskaplike doel vier om te verenig, vrede te bevorder, en die lewensbestaan van almal oor die hele vasteland heen te verbeter.
Binne die konteks van die Afrika-unie se 2023-tema vir Afrikadag: Afrika – Geleenthede in uitdagende tye, word die geleentheid gevier met ‘n paneelbespreking getiteld: Belê in Afrika vir Volhoubare Leierskap en Ontwikkeling. Die moderator is professor André Roux, bekende Afrika-ekonoom, en Hoof van Toekomsstudieprogramme aan die Stellenbosch Bestuurskool.
Die paneel bespreek aspekte soos belegging in Afrika; hulpbronryke Afrika-state en hoe hulle tydens die energie-oorgang bemagtig kan word; aanknopingspunte tussen die energie-oorgang en volhoubare energie in Afrika; die groenekonomie; belegging in volhoubare energie in Afrika; en hoe ons tot hierdie vennootskap kan bydra.
Die paneellede is:
- Haar Eksellensie Yolisa Maya
Die Ambassadeur van Suid-Afrika in Ierland
- Ronnie Downes
Die Assistent-sekretaris, Afdeling Handel, Departement van Ondernemings, Handel en Indiensneming
- Badr Ikken
Entrepreneur en deskundige op die gebied van hernubare energie
- Anthony Tattan
HUB, Business in South Africa
- Ayo Olabimtan
Beleggingskundige in skoon energie, en president van die African Professional Network of Ireland (APNI)
- Frank Barry
Professor in internasionale besigheid en ekonomiese ontwikkeling aan die Trinity Business School en ‘n lid van die Royal Irish Academy
- John Kamara
Entrepreneur (Afyarekod, Adanianlabs)
- Nicola Kelly
Direkteur: Sub-Saharan Africa for Enterprise Ireland
Die openingsrede word gelewer deur Sy Eksellensie Lahcen Mahraoui, Ambassadeur van Marokko in Ierland en deken van die Afrika diplomatieke korps.
KLIK HIER om meer oor die sprekers en paneellede uit te vind.
Geleentheidsbesonderhede:
Datum: Maandag 22 Mei 2023
Tyd: 15:00 tot 17:00 (Die deure open om 14:00. Koffie/tee en fyngebak word bedien.)
Plek: Die Maharry-teater by die Trinity Besigheidskool, Luce Hall, Pearse-str, Dublin 2, D02 H308
RSVP: By https://usb.idloom.events/Dublin-Africa-Day-2023
Sluit asseblief by ons aan ná die geleentheid vir ‘n onthaal en die kans om te netwerk en die Afrika-vasteland te vier.
Ons nooi lede van korporatiewe Ierland, regeringsliggame, die diplomatieke gemeenskap en belangstellendes om tydens die geleentheid met ons te skakel.