Jy word uitgenooi na die vierde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing ter viering van die lewe van anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).
Hierdie gedenklesing word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, in samewerking met die Fakulteit Regsgeleerdheid en Simonsberg-koshuis.
Die lesing word aanlyn en in-persoon aangebied. Sluit gerus aan by ons sprekers, Justice Bekebeke, prof Thuli Madonsela en Moeletsi Mbeki, in hul bespreking oor die maniere waarop die Grondwet sosiale geregtigheid aanspreek.
Ons moderator is Max du Preez, redakteur van die Vrye Weekblad, skrywer, kommentator en vriend van wyle Anton Lubowski.
Meer oor ons sprekers:
Justice Bekebeke is die direkteur-generaal vir die Noord-Kaapse provinsiale regering. Hy dien op die projekbestuurskomitee oor nuwe universiteite, ‘n Standaardgenerasieliggaam, hy is ‘n lid van Menseregte- en Vredesopvoeding, en provinsiale voorsitter van die Noord-Kaapse Provinsiale Erfenisagentskap. Hy is ook ‘n Raadslid van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap. Van belang vir hierdie bespreking, is mnr Bekebeke ‘n lid van die Komitee wat beginsels en riglyne vir demokratiese verkiesings opstel.
Thuli Madonsela is ‘n advokaat en professor in die regte, en beklee sedert Januarie 2018 die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het vanaf 19 Oktober 2009 tot 14 Oktober 2016 as die Openbare Beskermer van Suid-Afrika gedien.
Moeletsi Mbeki is ‘n politieke ontleder, skrywer en entrepreneur. Hy is ‘n direkteur van verskeie maatskappye, voorsitter van KMM Investments (Edms) Beperk, KMM Review Publishing (Edms) Beperk, MGM Capital Investments (Edms) Beperk, en Uitvoerende Voorsitter van Pomegranate Media (Edms) Bpk. Hy is ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede (SAIIA) – ‘n onafhanklike dinkskrum by die Universiteit van die Witwatersrand – en is lid van die raad van die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies (IISS), wat in Londen gesetel is.
Besonderhede van die geleentheid
Plek: Kamer 2027 van die Ou Hoofgebou, Fakulteit Regsgeleerdheid, Stellenbosch EN Aanlyn (Microsoft Teams)
Datum: Donderdag 29 September 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
RSVP:
In-persoon bywoning: KLIK HIER
Aanlyn bywoning: KLIK HIER (Die skakel sal op Maandag 26 September per e-pos aangestuur word.)
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.