Die Universiteit Stellenbosch se Matie-span in België nooi jou om die pragtige dorpie Grimbergen te besoek.
Die besoek sal ‘n begeleide toer (in Engels en Nederlands) deur die basiliek en die mikrobrouery insluit, gevolg deur versnaperings of ‘n ete en drankies by Het Fenikshof.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Saterdag 21 Oktober 2023
Tyd: 15:00 tot 18:00
Ontmoetingspunt vir die begeleide toer: Abdijkerk – Kerkplein 1, 1850 Grimbergen.
Restaurant: Ons is vanaf 16:30 by Het Fenikshof. Dui asseblief enige dieëtvereistes aan.
RSVP: Stuur ’n e-pos aan alumni@sun.ac.za om teen Donderdag 12 Oktober 2023 vir die restaurant en begeleide toer te RSVP.
Daar sal van deelnemers verwag word om hul eie kostes te dek.
Ons sien daarna uit om tyd saam met jou deur te bring.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.