Die Maties Alumni Breërivier-takkomitee nooi jou uit om aan te sluit met mede-alumni en prof Johan Fourie, skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom en self ‘n Matie-alumnus. Die skrywer neem ons op ‘n verrykende geskiedenisreis vanuit ‘n Afrika-gerigte oogpunt waarop hy die verhaal van die wêreld se lang pad na ‘n beter toekoms uitstip. prof Fourie sal in gesprek tree met Spesialis Besigheidskonsultant, Retha Alberts.
Hoe het Einstein gehelp dat Eskom gestig is? Hoekom kan ‘n Indonesiese vulkaan die Groot Trek verklaar? Wat het wyle Koning Zwelithini en Karel die Grote gemeen? Dit is ‘n paar van die vrae wat prof Fourie ondersoek in hierdie toeganklike ekonomiese geskiedenis wat alles vanaf die mensdom se migrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot die Covid-19-pandemie oorspan.
Kopieë van die boek, in Engels en Afrikaans, sal te koop wees.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Donderdag 26 Oktober 2023
Plek: The Habit Gastehuis (Aanwysings)
Tyd: 18h00
Koste: R80 (ingesluit: ligte ete en glas wyn)
Stuur ʼn e-pos aan alumni@sun.ac.za om jou plek te bespreek teen Maandag 23 Oktober 2023.
KLIK HIER om jou betaling te voltooi.
Ons sien uit daarna om tyd saam met jou deur te bring.