Comrades 2022: Skryf in en ondersteun BTG
28 August @ 6:00 am - 6:00 pm
Stof daai hardloopskoene af! Die wêreld se grootste en oudste ultramarathon-wedloop is terug op Sondag 28 Augustus 2022, en jou alma mater wil hê dat jy deel van die aksie moet wees. Ons wil graag hê dat jy aan die 2022 Comrades Ultramarathon moet deelneem ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch se Jaarfonds, Bridge the Gap (BTG), wat daarop gemik is om die struikelblokke wat Maties kortwiek uit die weg te ruim sodat hulle ‘n ware studente-ervaring kan geniet en daardie gesogte graad kan behaal.
Die Universiteit samel geld in vir verskeie inisiatiewe onder die vaandel van BTG – wat beteken jy kan kies om fondse in te samel vir een inisiatief of die Jaarfonds as geheel. Die inisiatiewe sluit in #Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, #End Period Poverty, #MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.
Is jy in?
Indien wel, sal jy moet opskud! Die tyd raak min voor die registrasie-afsnypunt …
Hier’s wat jy moet doen:
- Besoek die amptelike webwerf van die Comrades-marathon by https://web.comrades.com/.
- Voltooi die keuringsproses en gaan voort met jou inskrywing.
- Doen jou betaling.
- Begin jou eie fondsinsamelingsbladsy op die GivenGain-skarebefondsingsplatform (met ons hulp) en vra jou familie, vriende en kollegas om jou pogings te ondersteun; OF
- Maak ‘n skenking op ons bestaande BTG GivenGain-bladsy en vra jou network om dieselfde te doen.
- Stuur jou registrasiebesonderhede, T-hempgrootte en posadres per e-pos na ndlovus@sun.ac.za.
Jy sal jou Maties-handelsmerkware betyds vir die groot dag ontvang. Sodra die dag van die wedloop aanbreek, neem ‘n foto van jou in jou Maties-uitrusting, plaas dit op jou gunsteling sosiale media-bladsye en merk ons by:
Facebook: https://www.facebook.com/stellenboschalumni
Instagram: @matiesalumni
Twitter: @SU_Alumni
Indien jy meer wil hoor oor fondswerwing vir ‘n goeie doel, stuur gerus ‘n e-pos aan my by ndlovus@sun.ac.za.
Details
- Date:
- 28 August
- Time:
-
6:00 am - 6:00 pm
- Event Category:
- Events