Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge van die Universiteit Stellenbosch nooi jou uit na ʼn aanlyn gesprek getiteld COVID-19-entstowwe: Opdrag of keuse. Hierdie bespreking sal die aandag vestig op die wettige en etiese aspekte van COVID-19-entstowwe. Behoort hierdie inspuitings verpligtend te wees en mag hierdie inspuitings verpligtend gemaak word?
Hierdie geleentheid is die tweede in ‘n reeks gesprekke met nasionale en internasionale leiers, getiteld die Matie Crest Talks. Die doel van hierdie leierskapgesprekkke is om huidige en toekomstige leiers te inspireer, bekragtig, te lei en te fassineer. Die Maties Crest Talks bied ‘n platform vir leiers uit verskillende lewensterreine, verskillende nywerhede en verskillende kontekste om hul mening oor leierskap uitsluitlik met ons Matie-alumni te deel.
Die paneellede is die volgende:
Oudregter Edwin Cameron: Kanselier van die Universiteit Stellenbosch en afgetrede Regter van die Grondwethof van Suid-Afrika
Prof Keymanthri Moodley: Direkteur: Sentrum vir Mediese Etiek en die Reg, Universiteit Stellenbosch
Prof Thuli Madonsela: Professor in die Regte en Voorsitter van die Regsfakulteitstrust in Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch en voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika
Mnr Zackie Achmat: Mededirekteur van die NRO Ndifuna Ukwazi (Waag om te weet) en medestigter van die Treatment Action Campaign
Prof Nicola Smit (fasiliteerder): Dekaan: Regsfakulteit, Universiteit Stellenbosch
Datum: Dinsdag 19 Oktober 2021
Tyd: 17:00-18:30
Plek: Aanlyn (MS Teams)
(ʼn Skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos voorsien word.)
RSVP: E-pos alumni@sun.ac.za om teen Vrydag 15 Oktober te antwoord.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom!