In 2020 word die Straatmyl vir die 10de keer aangebied! Die eerste Dagbreek Straatmyl het in 2011 ter ere van alumnus De Villiers Lamprecht plaasgevind. Hy was die eerste Suid Afrikaanse atleet om ‘n droommyl (die myl onder 4 minute) te hardloop. Dié geskiedkundige wedloop het op 13 November 1964 op Coetzenburg in Stellenbosch plaasgevind. De Villiers was toe ‘n inwoner van die manskoshuis Dagbreek.
Daar is 7 wedrenne met 13 verskillende kategorieë:
• Die PNA-skolewedloop vir seuns en dogters 0/13, 0/15 & 0/19
• Die Meesters-kategorie is vir atlete bo 45. Maar die groot
deelname is die Ope mans- en vrouekategorie
• Steeds uniek aan die Stellenbosse Straatmylfees is die skaatsplankafdeling – sovêr bekend die enigste skaatsplank-myl “wedloop” in Suid-Afrika. Skaatsplank-wedlope word in 2020 as ‘n Olimpiese sport aangebied.
• Die groot wedren is die Elite-wedrenne vir mans en vroue. Ryan Mphahlele het die tweede droommyl in 2018 gehardloop; Johan Cronje in 2015.
Met ‘n DJ, musiek en gaskunstenaar, THE UNKNOWN (uit die werklikheidsreeks MAAK MY FAMOUS), beloof dit ‘n feestelike geleentheid te wees. The Straatmyl vorm deel van die US Woordfees.
‘n Droommyl is ‘n myl (1 609 m) wat onder vier minute gehardloop word.
Kontak info@straatmyl.co.za of 083 368 5948 vir meer inligting.
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.