Jy word uitgenooi na die derde jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing ter viering van die lewe van anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).
In ooreenstemming met die tyd waarin ons onsself bevind, word vanjaar se lesing aanlyn en in-persoon aangebied. Sluit gerus aan by ons sprekers, die Agbare Peter Hain, mnr Lukhanyo Calata en me Khadija Bawa waar hulle die onderwerp Intergenerational Social Justice sal bespreek.
Ons moderator is Max du Preez, redakteur van die Vrye Weekblad, skrywer, kommentator en vriend van wyle Anton Lubowski.
Meer oor ons sprekers:
Lord Peter Hain is ’n Britse anti-apartheidsaktivis en ’n voormalige senior regeringsminister in die Verenigde Koninkryk.
Lukhanyo Calata is ’n bekroonde joernalis, die seun van Fort Calata, een van vier anti- apartheidsaktiviste van Cradock wat in 1985 deur die apartheidsregering vermoor is en skrywer van ‘My Father Died for This’.
Khadija Bawa is ’n aktivis, ’n student aan die Universiteit Stellenbosch en het reeds ’n Meestersgraad in Filosofie behaal (cum laude) wat in die breë fokus op polisiëring en seksuele geweld deur feministiese, politieke en wetlike teorieë te gebruik om hierdie verskynsels te verklaar.
PLEK: Die Stal & Aanlyn (Microsoft Teams)
DATUM: Dinsdag 28 September 2021
TYD: 18:00 – 19:15 (75 minute)
RSVP: Rig ’n e-pos voor 20 September na: alumni@sun.ac.za (The access code to Microsoft Teams will be provided per email on Monday, 27 September)