
- This event has passed.
Desert Dash 2022: Kom klink ‘n glasie
7 December 2022 @ 6:00 pm - 9:00 pm

Vier ongelooflike Maties sal in Desember 2022 die uitdagende Namibian Desert Dash aanpak in ‘n poging om studenteskuld te verlig. Die fondse wat ingesamel word, sal direk na die #Maties4Namibia-beursondersteuningsfonds gaan om te verseker dat Namibiese Maties aanvullende finansiële steun ontvang om die koste verbonde aan hul grade te dek.
Die Desert Dash-spanlede is Schalk Bezuidenhoudt, die broers Stephan en Riaan Calitz asook Cilliers Steyn.
Sluit asseblief op Woensdag 7 Desember 2022 aan by die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge en mede-Maties in Namibië waar ons hierdie dapper en vrygewige siele behoorlik gaan afsien. Verwag daardie onmiskenbare Matie-gees, en ‘n opwindende veiling van wonderlike pryse ter ondersteuning van die span se fondsinsamelingspogings.
Jy is ook meer as welkom om HIER by te dra.
Kan ons op jou ondersteuning staatmaak?
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Woensdag 7 Desember 2022
Tyd: 18:00
Waar: Windhoek Country Club
RSVP: KLIK HIER om jou plek teen Maandag 5 Desember te bespreek.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.
Details
- Date:
- 7 December 2022
- Time:
-
6:00 pm - 9:00 pm