Jy word hartlik uitgenooi om by jou mede-alumni van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) aan te sluit vir ‘n onthaal om prof André Roux en prof Johan Fourie in Londen te verwelkom.
Dit sal ‘n wonderlike geleentheid wees om te hoor van opwindende projekte wat by die EBW-fakulteit plaasvind, met vars nuus vanuit die Stellenbosch Bestuurskool.
Prof André Roux is ‘n dosent in Ekonomie en Hoof van Toekomsstudies aan die Stellenbosch Bestuurskool. Op sy beurt is Prof Johan Fourie ook ‘n dosent in Ekonomie en die skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom: Lessons from 100 000 years of human history.
As jy meer wil uitvind oor wat tans by die Universiteit Stellenbosch en die Stellenbosch Bestuurskool gebeur en antwoorde wil hê op vrae soos: “Hoe het Einstein gehelp om Eskom te skep? Waarom kan ‘n Indonesiese vulkaan die Groot Trek verduidelik? Wat het koning Zwelithini en Karel die Grote dan in gemeen?” sluit gerus by ons aan.
Besonderhede van geleentheid:
Datum: Woensdag 24 Mei 2023
Tyd:18:30 vir 19:00
Plek: The Games Room by die Heist Bank, North Wharf Road 5, Londen W2 1LA
RSVP: Stuur ‘n e-pos na darrynh@sun.ac.za om jou plek te bespreek.
(Slegs 45 plekke is beskikbaar, so bespreek joune asseblief vroegtydig)
*Koste: In plaas daarvan om te betaal om hierdie geleentheid by te woon, vra ons dat jy asseblief ‘n donasie maak aan die Bridge the Gap-veldtog, wat by https://www.kindlink.com/fundraising/Stellenbosch-University-SA-Foundation-UK/btg gedoen kan word.
As jy nie die geleentheid kan bywoon nie, maar Bridge the Gap graag wil ondersteun, skenk gerus by die skakel hierbo.
Ons Matie-gemeenskap is oor die hele wêreld versprei en indien jy in aanraking is met ander Maties wat dalk nie hierdie uitnodiging ontvang het nie, stuur dit asseblief aan hulle. Herinner hulle dan om my direk te e‑pos by darrynh@sun.ac.za en hul plek te bespreek.
Ons sien uit daarna om julle almal op 24 Mei te ontmoet.