Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch (US) nooi jou en jou metgesel na ‘n onthaal op Woensdag 4 Oktober 2023 in Edinburgh saam met ons Rektor en Visekanselier, Professor Wim de Villiers.
Geleentheidsbesonderhede:
Datum: Woensdag 4 Oktober 2023
Tyd: 18:30
Plek: The Hanover Tap, 112 Hanover-straat, Edinburgh, EH2 1DR
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou bywoning te bevestig teen Dinsdag 26 September 2023.
Dit is ‘n rukkie sedert ons Edinburgh besoek het en ons sien daarna uit om soveel as moontlik van julle te ontmoet. As jy weet van ander alumni in die Edinburgh-omgewing wat graag hierdie aand by ons wil aansluit, stuur asseblief hierdie uitnodiging aan hulle en vra hulle om ‘n e-pos te rig aan darrynh@sun.ac.za om hul kontakbesonderhede by te werk.
Ons nooi ook ons alumni om ons #Move4Food-veldtog te ondersteun om voedselonsekerheid op ons kampusse te help beëindig. Selfs al kan jy nie die geleentheid bywoon nie sal ons dit waardeer indien jy ons sal help om ‘n verskil te maak deur HIER: https://www.kindlink.com/fundraising/Stellenbosch-University-SA-Foundation-UK/move4food te skenk.