Ons nooi jou graag na ‘n gesellige aand by die Paul Clüver-wynlandgoed waar jy die geleentheid sal kry om met mede-Matie te netwerk.
Die Clüver-familie se verbintenis met die Universiteit Stellenbosch (US) strek al oor vier generasies en ons is opgewonde om hierdie eerste alumni-geleentheid vir 2022 by hul bekroonde wynlandgoed aan te bied.
Lourens en Esté Rabé, die man-en-vrou musiekduo bekend as Bottomless Coffee Band, sal sorg vir vermaak uit die boonste rakke. Hierdie paartjie het as studente aan die US ontmoet en hul musiekgroep in 2010 gestig.
Kom sluit gerus aan by jou mede-Maties en geniet die samesyn. Dit is die perfekte manier om ‘n Vrydagaand deur te bring met uitsigte oor die majestueuse Elgin-vallei.
Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Vrydag 11 Maart 2022
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: Paul Clüver-wynlandgoed
Koste: R200 (insluitend jou keuse van burger, drank en lewendige vermaak – kontantkroeg en koffie beskikbaar vir aankoop)
KLIK HIER om jou kaartjie te koop of stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za teen Vrydag 4 Maart.
Deel gerus hierdie uitnodiging met mede-Maties. Ons sien uit na die aand saam.