Ons kondig graag die bekendstelling van ‘n nuwe Maties-netwerk op jou drumpel aan — die Elgin Maties Alumni-tak. Meer as 800 alumni woon tans in die skilderagtige Elgin-streek — Grabouw, Vyeboom Kleinmond, Botriver, Bettiesbaai, Villiersdorp, Theewaterskloof, Pringlebaai — en dit is hoog tyd dat ons Maties in hierdie omgewing bymekaar bring.
Hierdie alumni-tak hoop om Maties met uiteenlopende belangstellings, ambisies en van verskillende bedrywe die geleentheid te bied om met mekaar in gesprek te tree, herinneringe te deel en die band met hul alma mater te verstewig.
Die Elgin Maties Alumni-tak vorm deel van die Overberg Alumnihub wat verskillende takke bymekaar bring tydens jaarlikse byeenkomste (insluitend sport- en fondsinsamelingsaktiwiteite, lesings deur gassprekers en netwerkgeleenthede), en dien as ‘n platform vir samewerking.
Kom deel asseblief in die amptelike bekendstelling van ons Elgin Maties Alumni-tak op Vrydag 16 April 2021. Die geleentheid vind plaas by Elgin Vintners en sluit in ‘n wynproe-ervaring aangebied deur mede-Matie, Marinda Kruger-Claassen.
Die besonderhede is soos volg:
Datum: Vrydag 16 April 2021
Tyd: 17: 30- 20:00
Plek: Elgin Vintners
Koste: Gratis
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP
Ons sien uit na jou terugvoer en om jou by hierdie opwindende bekendstellingsgeleentheid te verwelkom!