
- This event has passed.
Europa: Winter netwerk geleentheid
26 January 2022 @ 8:00 pm - 10:00 pm

Kom ons begin die nuwe jaar op ‘n positiewe en ingeligte noot! Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou graag na ons heel eerste virtuele winter
netwerkgeleentheid van 2022.
Ons skop die nuwe jaar af met ons rektor en visekanselier, prof Wim de Villiers, as gasspreker. Hy sal besin oor die uitdagings en suksesse van 2021 en gesels oor die hoëronderwyslandskap in 2022.
Jy sal ook die geleentheid kry om tydens ‘n vraag-en-antwoord-sessie met prof De Villiers in gesprek te tree.
Sluit gerus by ons aan.
Datum: Woensdag 26 Januarie 2022
Tyd: 19:00 tot 20:00 (CET)
Plek: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 21 Januarie.
(Die skakel sal twee dae voor die geleentheid per e-pos gestuur word.)
Laat ons bymekaarkom, ons kameras aanskakel, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk put.
Ons sien uit daarna om jou by hierdie virtuele byeenkoms te verwelkom.
Details
- Date:
- 26 January 2022
- Time:
-
8:00 pm - 10:00 pm
- Event Category:
- Events