Jy word hartlik uitgenooi na ons tweede Maties-wynklub virtuele wynproe-sessie vir 2023. Sluit asseblief aan by mede-Maties in Europa, waar jy die geleentheid sal kry om herinneringe aan Stellenbosch te deel terwyl ons na die ikone van die wynbedryf luister en aan ons gunsteling Suid-Afrikaanse wyne teug.
Vir hierdie wynervaring het ons saamgespan met Tokara, die bekende wyn- en olyflandgoed net buite Stellenbosch, geleë teen die boonste hange van Simonsberg, met ‘n panorama wat strek van Valsbaai tot by Tafelberg. Wynmaker Stuart Botha sal sy kennis en stories met ons deel terwyl ons ‘n seleksie van Tokara se bekroonde wyne proe: Sauvignon Blanc, Chardonnay, Elgin Sauvignon Blanc, Shiraz, Reserve Cabernet en Director’s Reserve Red.
Capreo-wynverspreiders sal weereens verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf werskdae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die US-beursfonds skenk.
Ons het twee wynpakkette beskikbaar — ‘n standaard-pakket: https://capreo.com/en/154093/su-alumni-tasting-tokara
en ‘n premium-pakket:
https://capreo.com/…/su-alumni-tasting-tokara-premium
Die standaard-pakket bevat die Tokara Sauvignon Blanc, Chardonnay en Director’s Reserve Red, terwyl ons premium-pakket die volledige keuse bevat wat op die aand geproe sal word. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die wynproe-sessie oopmaak en dat jy die wyne teen die regte temperatuur geniet.

Bepalings en Voorwaardes
Die koste van die standaard en premium-pakkette sluit versending in. Die koste van die pakket hang af van die land waar dit bestel word.
Die koste van die standaard en premium-pakkette sluit versending in. Die koste van die pakket hang af van die land waar dit bestel word.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Vrydag 17 November 2023
Tyd: 19:00 tot 20:30
Plek: Aanlyn
(Die Microsoft Teams-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om jou plek teen Vrydag 10 November te bevestig.

Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.