Die Oorbrug die Gaping-veldtog bied op Saterdag die 30ste Julie van 09h00 tot 23h00 ‘n fliekmarathon by Pulp Cinema in die Neelsie aan om geld in te samel vir die jaarlikse student-vir-student-fonds. Maak ‘n onmiddellike, tasbare verskil in die lewens van Universiteit Stellenbosch-studente deur aan die jaarlikse fonds te gee en natuurlik ongelooflike flieks te kyk!
Oorbrug die Gaping is ‘n jaarlikse fonds wat ons studentegemeenskap, personeel, alumni, ouers en vriende in staat stel om ons studente te ondersteun met die dinge wat hul lewe onteenseglik moeilik maak.
Om ‘n fliek te kan kyk, sien asseblief die skedule en maak ‘n skenking aan die Oorbrug die Gaping-veldtog. Hierdie skenking dien as ‘n kaartjie na die flieks. Klik op die skakel hieronder om die skedule te sien en om kaartjies te koop.
Ons hoop jy sal binnekort jou plek verseker en gebruik hierdie geleentheid om ons studente te ondersteun — elke rand wat ingesamel word, sal verseker ‘n beduidende impak maak.