
- This event has passed.
FVZS Erelesing
11 April 2022 @ 6:00 pm - 7:00 pm

Beste vriende van die FVZS Instituut
Ons nooi u vriendelik uit na die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing van die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap op Maandag 11 April 2022 vanaf 18:00 tot 19:00.
Sien asseblief die gedetailleerde uitnodiging. U is welkom om hierdie uitnodiging binne u netwerke te deel.
Vanjaar se lesing word gelewer deur adv Shamila Batohi, die huidige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings. Adv Batohi sal regstreeks in gesprek wees met prof William Gumede (medeprofessor by die Bestuurskool van die Universiteit van die Witwatersrand, stigter en uitvoerende voorsitter van die Democracy Worx Foundation, outeur en rubriekskrywer) en me Cynthia Stimpel (voormalige groepstesourier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, motiveringspreker oor onthulling en outeur van Hijackers on Board).
Klik asseblief hier om teen Woensdag 6 April 2022 te antwoord.
Die skakel sal gestuur word aan diegene wat bywoning vir Maandag 11 April 2022 bevestig het.
Ons sien daarna uit om u by hierdie virtuele geleentheid te verwelkom.
Details
- Date:
- 11 April 2022
- Time:
-
6:00 pm - 7:00 pm
- Event Category:
- Events