Die Gansbaai Alumni-tak bied aan…ons eie Overberg see-juweel.
Sluit asseblief by ons aan vir ‘n snoesige wintersaand in die hartjie van Kleinbaai rondom die knetter van die Great White House se kaggelvuur. Maties alumni in die Overberg — vanaf Hermanus, Caledon, Swellendam, Bredasdorp en almal tussen-in — julle is almal welkom! Kom geniet ‘n insiggewende gespreks-en-proe-geleentheid rondom die onderwerp, “Perlemoen boerdery in Suid-Afrika: gesien deur ‘n virtuele toer van Aqunion Romansbaai plaas”, aangebied deur alumna Lize Schoonbee.
Besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum : Dinsdag 2 Augustus 2022
Plek : Great White House, Kleinbaai
Tyd : 18h00 vir 18h30
Koste: R175 per persoon
RSVP: Stuur asseblief ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za om jou kaartjie teen Vrydag 29 Julie te koop en sodoende jou plek te bespreek.
Kom deel in ‘n besondere aand waar ons unieke beeldmateriaal ten toon sal stel, eerstehandse inligting sal deel, asook watertand perlemoen en plaaslike wyne sal voorsit, tesame met daardie onvergeetlike Maties-atmosfeer, soos net ons kan!
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.