Die bloeisels is oral te sien en selfs al is daar nog ‘n effense byt in die lug, kan ons begin uitkyk na somer wat langer dae en sonnige weer bring. Voor jy in die pad val om ‘n welverdiende blaaskans te neem en van die pragtige Europese bestemmings te verken, of dalk Suid-Afrika te besoek, kom sluit gerus eers aan by ons Matie‑span in België vir ‘n bring-en-deel ete by die jaarlikse Suid-Afrikaanse Braai in Leuven.
Maak gereed vir ‘n hele rits aktiwiteite vir volwassenes en kinders, en geniet die stalletjies waar jy ook Suid-Afrikaanse lekkernye sal raakloop. Kom ontmoet ons daar, gesels, en vier ons wêreldwye Matie-netwerk.
Leuven
Datum: Saterdag 1 Julie 2023
Plek: Rugbyklub Leuven – Koetsweg 204A – 3010 Leuven
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za teen Maandag 26 Junie te antwoord
Deelnemers betaal vir hul eie toegangskaartjie en eetgoed.
Ons vrywilligers sien uit daarna om jou te verwelkom.