In 2020 het die onvergeetlike bekendstelling van die Breëriviervallei Alumnihub plaasgevind, wat Maties uit uiteenlopende bedrywe, belangstellingsvelde en opwindende ambisies byeen gebring het om met mekaar in gesprek te tree, Maties‑herinneringe te herleef en bande met hul alma mater te hernu. Vier geleenthede word vanjaar in die streek beplan, wat mede‑Maties die kans gee om saam te werk, ander lede van die gemeenskap te betrek en hulle te inspireer om in die toekoms Maties te word.
Op Donderdag 6 Mei, bied die Breëriviervallei Alumnihub ‘n gesprek oor grondhervorming aan met:
Professor Juanita Pienaar, professor in privaatreg aan die Universiteit Stellenbosch, dosent in gewoontereg, eiendomsreg en gevorderde eiendomsreg:
Prof Pienaar het op nasionale en internasionale vlak insiggewende navorsing oor grondhervorming en verwante aangeleenthede binne die konteks van eiendomsreg gepubliseer.
Professor Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing:
Prof Kirsten het uitgebreide navorsing oor landboubeleid, kommoditeitsmarkte, die ekonomie van oorsprong gebaseerde voedsel en grondhervorming onderneem. Hy het die afgelope 25 jaar omvattend gepubliseer oor hervorming van landbougrond en bied gereelde ondersteuning en advies rakende hierdie kwessie aan die besigheidswêreld en die regering.
Die aand bied ‘n geleentheid vir alumni-netwerkvorming en vrugbare betrokkenheid by ekonomiese ontwikkeling in die Breëriviervallei.
Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Donderdag 6 Mei 2021
Tyd: 18:30
Drag: Semi-formeel
Plek: Huis te Merwede (Merwida‑landgoed) Aanwysings
Koste: R80 per persoon – dit sluit in ‘n ligte ete en verversings.
RSVP: E-pos alumni@sun.ac.za om te RSVP vir hierdie geleentheid. Daar is beperkte kaartjies beskikbaar, so maak seker jy bespreek jou plek.
Ons sien uit daarna om jou daar te verwelkom.