Heemstede vier vanjaar haar 55ste bestaansjaar en ons wil graag hê dat jy deel van die vieringe moet wees. Sluit asseblief by ons aan op Saterdag 10 September vir nie een nie, maar twee geleenthede — ‘n heerlike laatontbyt en dan ook ‘n kultuuraand.
Julle kry ook geleentheid om deel te neem aan ons kultuuraand – laat weet net vir Emma Hewitt by 074 586 5335 of 23642475@sun.ac.za indien jy ‘n item wil lewer. Stuur asseblief ook foto’s van jou tyd in Heemstede na Emma.
Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 10 September 2022
Tyd: Laatontbyt – 09:00
Kultuuraand – 19:00
Plek: Heemstede
Drag: Informeel
Prys: Laatontbyt – R250
Kultuuraand – R150
RSVP: Stuur asseblief ‘n e-pos na homecoming@sun.ac.za om jou plek te bespreek. Plekke is beperk, so ons raai jou aan om so gou as moontlik te bespreek. KLIK HIER vir die program.
Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.
Klik hier om ‘n kaartjie te koop: https://www.quicket.co.za/events/181754-heemstede-55-reunion-reunie/