Dis met ‘n swaar gemoed dat ons jou in kennis stel dat ons 75ste Reünie uitgestel is.
Ons het jou ‘n paar maande gelede gevra of ons moet voortgaan met die reünie as die bywoning aansienlik minder in getal sou wees a.g.v. COVID-19 – die oorgrote meerderheid Ou Manne het aangedui dat hulle eerder sal wag en later ‘n behoorlike reünie hou, as om met ‘n afgewaterde storie voort te gaan.
Ons hoop om almal volgende jaar, jonk en oud, vir ‘n onvergeetlike 75+1 -reünie te siene te kry.
Indien jy enige vrae of idees het of betrokke wil raak, kontak ons gerus by helderberg1946@gmail.com