Beste Swarra,
Menere, die Republiek van Helderberg is reg vir 2020 — ons 74ste bestaansjaar! Ons nooi graag elke oud-Swarra na ‘n wynveiling op Saterdag 7 Maart waar jy geleentheid sal kry om fantastiese wyne te koop terwyl jy ‘n gesellige aand saam met mede-alumni deurbring.
Hierdie wynveiling vind plaas tydens die Universiteit se Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 5 Maart tot Maandag 9 Maart 2020 op die Stellenboschkampus plaasvind — so daar is sommer meer redes vir jou om Matieland te besoek.
Datum: Saterdag 7 Maart 2020
Plek: Jack Wells – Die Republiek van Helderberg
Tyd: 19:00 vir 19:30
Kleredrag: Netjies informeel
- Rig asseblief jou RSVP of enige navrae aan Matthew Odendaal by 19874472@sun.ac.za teen Sondag 1 Maart.
- Klik hier vir die uitnodiging.
Ons sien uit om jou weer by die Republiek te verwelkom.
Swarra-groete