Dit is vir ons aangenaam om jou na Huis Marais se 75ste bestaansjaar uit te nooi.
Kom sluit asseblief van Vrydag 15 September tot Saterdag 16 September 2023, by ons aan vir hierdie opwindende geleentheid.
Die vieringe val saam met die Universiteit Stellenbosch (US) se Tuiskomsnaweek vir alumni wat op die Stellenbosch‑ en Tygerberg‑kampus plaasvind. Klik hier vir die program.
Maak gereed vir ‘n aangename tyd!
Ons skop die Vrydag af met ‘n alumni‑rugbywedstryd by die Coetzenburg-stadion. Daar word gebraai langs die veld en sommer lekker saam gekuier.
‘n Sakegesprek in die leeskamer in Huis Marais volg gedurende die Saterdagoggend. Ons nooi ‘n paar grootkoppe daar buite, wat tans alumni van die Huis is, om hul sienings oor die ekonomiese toekoms van die land te gee.
Hulle deel ook ‘n paar wenke oor wat hulle op hul pad na sukses geleer het.
Direk ná die sakegesprek wil ons ‘n amptelike alumni-komitee vir die koshuis stig, aangesien ons die afgelope tyd besef het dat daar ‘n behoefte is vir aktiewe skakeling tussen die breë Huis Marais Alumni gemeenskap en die koshuis.
Op die Saterdagmiddag kry julle die geleentheid om saam as jaargroepe en vriendegroepe iets te gaan eet of ‘n wynplaas te besoek en julle Stellenbosse hoogtepunte te herleef.
Die vieringe bereik ‘n hoogtepunt op die Saterdagaand met ‘n semiformele spitbraai by Huis Marais. Op die spyskaart is ‘n smaaklike spitbraai-ete, een of twee stories van waar die koshuis hom tans bevind, ‘n wynproe, ‘n Huis Muis‑veiling, gevolg deur ‘n heerlike geleentheid vir saam kuier. Die Lekkerlê‑klub sal ook oop wees.
Julle kry verder die geleentheid om die totale koshuiservaring weer ten volle te herleef, aangesien ons 30 dubbelkamers oopstel vir bespreking vir die Vrydag‑ en Saterdagaand.
Ter viering van die afgelope 75 jaar wat Huis Marais in mense se harte ingekruip het, wil ons graag die naweek onvergeetlik maak.
· Klik hier om jou kaartjie te bespreek. Die sluitingsdatum vir kaartjieverkope is Maandag 31 Julie 2023.
Indien jy lus is om op die rugbyveld uit te draf vir die alumni wedstryd, vul asseblief jou naam, nommer, posisie en die datum van jou eerstejaarsgroep by hierdie skakel in: https://forms.gle/K99ydZWy272FLwdP6
Kontak my gerus vir enige verdere navrae, per e-pos by 24712345@sun.ac.za, of by 060 994 8703.
Ons kan nie wag om tyd saam met julle deur te bring nie.