Sluit aan by prof Stan du Plessis, bedryfshoof van die Universiteit Stellenbosch vir ‘n eksklusiewe aanlyn bespreking getiteld Pandemic Economics: what we’ve learnt after 8 months. Die koronavirus-pandemie het reeds ‘n wesenlike negatiewe ekonomiese uitwerking regoor die wêreld veroorsaak met miljoene werksverliese. Hierdie virus is nie net ‘n gesondheidsuitdaging nie, maar ook ‘n direkte aanslag op mense se lewensbestaan.
Datum: Vrydag 20 November 2020
Tyd: Europa 12:30 (GMT +1), VK en Ierland 11:30 (GMT), Suid-Afrika 13:30 (GMT +2)
Onderwerp: Pandemic Economics: what we’ve learnt after 8 months.
Plek: Aanlyn (MS Teams)
RSVP: Rig asb jou RSVP aan alisonapril@sun.ac.za teen Maandag 16 November 2020
(Die skakel na die geleentheid sal op Woensdag 18 November per e-pos gestuur word.)
Kalender: KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek te voeg.
Vir verdere navrae, kontak gerus vir Alison April by alisonapril@sun.ac.za.
Ons kan nie wag om jou aanlyn te sien nie!
Vriendelike groete