Irene word vanjaar 60 en om dit te vier blaas ons nuwe lewe in ons alumni-struktuur met opwindende geleenthede wat deur ‘n groep passievolle studente beplan word. Ons sit die bal aan die rol met ‘n groot verskeidenheid inisiatiewe.
Jy word dus aangeraai om jou e-pos dop te hou! Dis tyd om daardie belangrike band met destydse en huidige Ireners te versterk. Op hierdie manier bou ons ‘n waardevolle gemeenskap.
Ons staan reg vir ‘n naweek propvol prettige aktiwiteite! Ons Eerstejaar Dekade-reünie asook Irene se 60ste verjaarsdagreünie vind op Vrydag 15 September en Saterdag 16 September 2023 plaas.
Hierdie geleenthede is noukeurig beplan om soveel alumni as moontlik aan te moedig om by ons aan te sluit. Ons moedig jou ook aan om hierdie uitnodiging ter harte te neem en jou koshuisvriende saam te nooi.
Terselfdertyd staan jou alma mater ook gereed om die maroen tapyt vir Tuiskoms 2023 uit te rol.
Maak weer kontak met mede-Maties op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse vanaf Donderdag 14 September tot Saterdag 16 September 2023. Die tydsberekening vir al hierdie feesvieringe kan dus nie beter wees nie!
KLIK HIER vir die Tuiskoms program.
Irene Reünie-naweek
Ons skop Irene se 60ste verjaarsdagreünie af met ‘n sosiale byeenkoms by Brampton’s op Vrydagaand 15 September, gevolg deur ‘n vroeë oggend staptog by Coetzenburg die Saterdagoggend.
Ons sal wandeltoere beskikbaar hê op Saterdagoggend vir diegene wat belangstel om te sien hoe dinge op die kampus verander het.
Die hoof-gebeurtenis van die program is die 60ste laatontbyt wat op Saterdag 16 September, by die koshuis aangebied word. Sluit aan by jou mede-Ireners vir ‘n stylvolle geleentheid bo in Victoriastraat.
Ons sluit die naweek af met ‘n staptog deur die Dorpstraat-mark.
KLIK HIER om jou plek vir die bogenoemde gebeure te bespreek teen Maandag 31 Julie. Versprei asseblief die Dove Love!
‘n Spesiale vermelding vir die eerstejaar-groepe van 1973, 1983, 1993, 2003, 2013 wat ook hul dekade-reünies vier. Klik asseblief hier om by die onderskeie eerstejaar-WhatsApp-groepe aan te sluit.
Irene 1983
Irene 1993
Irene 2003
Irene 2013
Ons het afslagverblyf by Roosenwijn Gastehuis in Stellenbosch gereël vir daardie datums om jou aan te moedig om ‘n naweek daarvan te maak! KLIK HIER as jy van hierdie aanbod gebruik wil maak.
Ons wil graag afsluit met ‘n aanhaling uit een van Irene se huidige liedjies.
“Take me home, to Irene, to a place, I belong, Stellenbosch, Victoria Road, take me home, to Irene” – Irene se weergawe van Country Roads deur John Denver.
Ons sien uit daarna om tyd met julle deur te bring!
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.