Na ʼn moeilike jaar vol onsekerheid, inperkings en veilige afstandhouding dink ons dat die tyd nou reg is om Maties-alumni in Johannesburg bymekaar te bring vir die amptelike bekendstelling van ons nuutgestigte Alumni-tak in die area.
Die Johannesburg Alumni-komitee nooi dus Maties uit verskillende nywerhede, belangegroepe en lewensterreine uit om by ons aan te sluit vir ʼn ontspanne aand om verbintenisse aan te gaan, te netwerk en ʼn paar Maties-herinneringe te herleef.
Hierdie geleentheid vind op Donderdag 17 November by The Copper Bar in Bryanston plaas. Dink jou net in — die vars buitelug, goeie geselskap en eet- en drinkgoed saam met vriende, oud en nuut, terwyl die son agter die majestueuse Magaliesberge verdwyn.
Sluit asseblief by ons aan!
Besonderhede vir die geleentheid is soos volg:
Datum: Donderdag 17 November 2021
Tyd: 17:30 vir 18:00
Plek: The Copper Bar, 2 Payne Road, Bryanston (Aanwysings)
Koste: Gratis
RSVP: Stuur ʼn e-pos na alumnihubs@sun.ac.za teen 15 November.
Maar wag, daar is nog!
Aandag alle ywerige fietsryers … Skryf in vir die ikoniese 947 Ride Joburg wat op Saterdag 21 November 2021 plaasvind en laat daardie speke sing ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch se Bridge the Gap Jaarfonds. Bridge the Gap is daarop gemik om studente te ondersteun wat kwesbaar is vir voedselonsekerheid, sukkel om studiefooie te betaal en omvattende ondersteuning benodig.
Indien jy belangstel om by ons Matie-span aan te sluit, kontak so gou moontlik vir Siya Ndlovu by ndlovus@sun.ac.za. Hy is die persoon met al die besonderhede. Registrasie sluit op 5 Oktober 2021. Nooi sommer jou kollegas, vriende en familie uit om saam te ry of ‘n skenking te maak.