Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in samewerking met Maties Sport, asook verskeie ander belanghebbendes van die Universiteit Stellenbosch (US), bied in 2022 hul eerste jaarlikse Kleurwedloop-geleentheid aan. Die Kleurwedloop sal elke jaar ’n goeie saak ondersteun. Vanjaar se geleentheid word aan borskanker en bewustheid rondom geestesgesondheid gewy. Deelname is oop vir studente, personeel en alumni van die US, asook die breër Stellenbosse gemeenskap.
Die hoofwedloop behels ’n keuse van 5 km of 10 km teen Coetzenburg-berg op. Deelnemers kry toegang tot mammogramtoetsing vir borskanker, ’n inligtingsentrum deur Love Life, vermaak deur kunstenaars, sowel as geskenke van die geleentheidsborge.
Die toegangsfooi vir die geleentheid is R30. Alle wins uit die geleentheid gaan aan die geestesgesondheidsinisiatief vir US-studente.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 15 Oktober 2022
Tyd: Die Wedloopgeleentheid begin om 08:00 vir 08:30, en eindig om 14:00.
Plek: Coetzenburg-stadion, Universiteit Stellenbosch
Drag: Sportdrag – verkieslik wit om die onderskeie kleure beter te vertoon KLIK HIER om jou kaartjie te koop. Stuur gerus ’n e-pos aand Sindiswa Jamba by swan@sun.ac.za vir meer inligting.