Jy word hartlik uitgenooi na ons eerste Maties-wynklub virtuele wynproe-sessie in Denemarke vir alumni van die Universiteit Stellenbosch (US). Ons bied hierdie aanlyn-wynervaring aan in samewerking met die Waterford-wynlandgoed.
Hierdie wynlandgoed is in die skilderagtige Blaauwklippenvallei geleë, en baie beskou dit as die verborge Toskaanse juweel van Suid-Afrika. Met ‘n filosofie gerig op die verkenning van al die sintuie, is dit geen wonder dat The Waterford Way sinoniem geword het met aansien, genot en goeie wyn nie.
Ons is verheug om die hoofwynmaker, Mark Le Roux, wat in 2009 by die Waterford-span aangesluit het, te verwelkom. Mark sal sy kennis en stories met ons deel terwyl ons ‘n keur van sy geliefde wyne proe: die Waterford Rose-Mary Rosé 2020, Elgin Sauvignon Blanc 2020, Estate Single Vineyard Chardonnay 2017, Kevin Arnold Shiraz 2016 en om mee af te sluit, die heerlike HeatherLeigh NV nageregwyn. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak.
Ons het saamgespan met Capreo-wynverspreiders wat sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf dae op jou voorstoep afgelewer word. Die koste sluit gratis aflewering in. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die US se Beursfonds skenk.
Ons het twee spesiaal gekureerde pakkette beskikbaar — ‘n standaard-pakket (KLIK HIER) en ‘n premium-pakket (KLIK HIER). Die standaard-pakket bevat die Waterford Rose-Mary Rosé 2020, Elgin Sauvignon Blanc 2020 en Kevin Arnold Shiraz 2016, terwyl ons premium-pakket die volledige keur van wyne bevat wat op die aand geproe sal word. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak.
Datum: Vrydag 18 Junie 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30 (CET)
Plek: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 11 Junie 2021.
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie, sluit aan op Zoom en skakel jou kamera aan. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.