Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou hartlik uit na ʼn aanlynnetwerkgeleentheid wat vir Maties van die Fakulteit Ingenieurswese die kans bied om nader kennis te maak. Oor die afgelope dekade het die aantal Matie-ingenieurs wat na Europa verhuis het, toegeneem. Gevolglik kan dit moeilik wees om netwerke te herbou, en ook uitdagend om ‘n nuwe land, sy nywerhede en die algemene werksomgewing te navigeer. Om die alumni-netwerk verder uit te bou, wil ons ‘n aktiewe, ondersteunende gemeenskap plaaslik vestig, wat spesifiek daarop gemik is om kontak te bewerkstellig met Matie Ingeneur-gegradueerdes in Europa.
Om mee af te skop het ons ‘n inleidende, virtuele ontmoet-en-groet-geleentheid in die pyplyn. Dit sal oor twee sessies plaasvind sodat jy ‘n tyd kan kies wat jou die beste pas. Ons sal die span bekendstel, vir voorstelle vra, asook ‘n gesprek voer oor wat so ‘n gemeenskap vir jou kan beteken en wat jy dalk daaruit wil put.
Datum: Donderdag 26 Januarie om 20:00
Platform: Aanlyn (MS Teams)
(Die skakel sal twee dae voor die geleentheid gestuur word.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP vir Donderdag 26 Januarie
Doen dit asseblief teen Maandag 23 Januarie 2023.
Kontak alisonapril@sun.ac.za as jy ‘n onderwerp wil voorstel wat ons kan bespreek.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.