Ons kondig graag aan dat prof Ingrid Woolard, dekaan van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op Dinsdag 30 Mei in Amsterdam sal wees. Sluit asseblief aan by mede-alumni en kom vergewis jou van die jongste verwikkelings by jou fakulteit.
Hierdie geleentheid het ten doel om alumni met mekaar te verbind, maar is ook oop vir enigiemand wat meer wil weet oor die US en navorsingsareas wat verband hou met die meting van armoede en ongelykheid, werkloosheid, maatskaplike beskerming en fiskale beleid.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Dinsdag 30 Mei 2023
Tyd: 19:00 – 21:00
Plek: Restaurant East – Hotel Casa – Eerste Ringdijkstraat 4, 1097 BC Amsterdam
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za teen Donderdag 25 Mei om te RSVP
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.