Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans
Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Kom vier ons wêreldwye Maties-netwerk

21 September 2021 @ 7:00 pm - 25 September 2021 @ 6:00 pm

  • « Londen-na-Brighton-fietsrit: Oudregter Edwin Cameron en prof Wim
  • Vier die wêreldwye Matie-netwerk »

Dis darem nou al lank in die werking … die geleentheid om met jou in geselskap te verkeer – en boonop in persoon! Dit is dus ons plesier om jou uit te nooi om weer kontak te bewerkstellig. En wat is nou ‘n beter geleentheid as Tuiskoms 2021? Sluit gerus by mede-Maties in die Verenigde Koninkryk aan ter viering van ons wêreldwye Maties-netwerk.

Londen Tuiskoms: Dinsdag 21 September 2021

Ons nooi jou en ‘n gas om saam met prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, sowel as oudregter Edwin Cameron, Kanselier van die Universiteit Stellenbosch, versnaperinge en drankies te geniet by die Bbar in Londen ter viering van ons Londen Tuiskoms. Hoor eerstehands wat als wat by jou alma mater gebeur en ontmoet ons Kanselier.

Tuiskoms is ‘n jaarlikse geleentheid om weer in kontak met mede-Maties te tree wat in Londen en die groter Verenigde Koninkryk woon en werk – brei jou huidige netwerk uit en maak opnuut kontak, of dit nou vriendskaplik of in ‘n professionele hoedanigheid is.

Datum: Dinsdag 21 September 2021
Tyd: 19:00
Plek: Die Jubilee Suite by Bbar, 43 Buckingham Palace Road, Londen, SW1W 0PP
Drag: Deftig informeel
Koste: £10 per persoon (Donasie vir #Move4Food)

Dis nou maar eenmaal die tradisie dat Londen Tuiskoms ‘n geleentheid vir Maties-alumni is om dié wat kwesbaar in ons Matie-studentegemeenskap is te ondersteun. Ons #Move4Food-veldtog verseker dat studente wat voedselonsekerheid op ons kampusse in die gesig staar, op die gepaste tyd, die nodige hulp ontvang om nie honger te ly nie.

Die bywoning van hierdie geleentheid is beperk tot 50 gaste. Jou donasie van £10 per persoon aan die #Move4Food-veldtog is jou toegangsfooi. ‘n Kaartjie(s) sal aan jou uitgereik word ter bevestiging van jou RSVP en donasie.

Betaal/Skenk: HIER
RSVP: HIER teen Vrydag 10 September 2021

Londen-na-Brighton-fietsrit (L2B):
Op Sondag 19 September 2021 pak ons Kanselier en Visekanselier die ikoniese fietsrit van 55 myl vanaf Clapham Common in Suid-Londen na die kusdorpie Brighton aan om fondse in te samel om akademies sterk, maar finansieel benadeelde Matie-studente te ondersteun.

Hulle het ‘n mikpunt van £20 000 gestel – en hulle gaan meeding om te sien wie eerste daardie £10 000 kan insamel.

  • Prof Wim de Villiers wil jou iets HIER vra.
  • Oudregter Edwin Cameron wil jou iets HIER vra.

Ons doen ‘n beroep op jou om hulle te ondersteun deur ʼn skenking aan die VK/EU-beursfonds te maak.

  • Ondersteun die Kanselier HIER.
  • Ondersteun die Visekanselier HIER.

As jy aan die L2B-fietsrit namens ‘n ander liefdadigheidsorganisasie deelneem, wil ons graag hê dat jy uitreik en die Kanselier en Visekanselier laat weet dat jy in die omtrek is – net om daardie ekstra aanmoediging langs die roete te gee.

Kom Braai Saam: Saterdag 25 September 2021
Vier Suid-Afrika se Nasionale Erfenisdag saam met mede-Maties op Saterdag 25 September 2021, en doen wat ons as Suid-Afrikaners nou eemaal geniet – om te braai. Is jy reg vir ʼn lekker Maties-braai?

Volgens die styl van die gewilde VK groep-uiteetprogram, Come Dine with Me, nooi ons jou om op een van hierdie twee opsies te reageer:
GASHEER: Ek sou graag wou hê dat mede-Maties na my huis toe kom en saam met my braai.
GAS: Ek sal graag by ander Maties in my omgewing of naby my wil braai.

Stuur gerus jou keuse teen Saterdag 31 Augustus 2021 aan darrynh@sun.ac.za.

+ Google Calendar+ iCal Export

Details

Start:
21 September 2021 @ 7:00 pm
End:
25 September 2021 @ 6:00 pm
Event Category:
Events
  • « Londen-na-Brighton-fietsrit: Oudregter Edwin Cameron en prof Wim
  • Vier die wêreldwye Matie-netwerk »
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!