Beste lid van die Konvokasie
Die jaarvergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) se Konvokasie vind vanjaar vir die heel eerste keer aanlyn plaas.
Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie het besluit op Woensdag 9 Desember om 18:00 (SAST) as ‘n gepaste datum — dit wil sê die geleentheid is 16:00 in Londen (BST), 17:00 in Brussel (CET), 08:00 in Los Angeles (PST), 11:00 in New York (EST), 12:00 in Hongkong (HKT), Alberta (Kanada) 09:00 (MST) en Perth (Wes-Australië), 00:00:00 (AWST).
As sodanig vra ons dat jy hierdie geleentheid dienooreenkomstig vir jou wêrelddeel in jou dagboek aanteken.
Die program sluit die bekendstelling van ons nuwe Uitvoerende Komitee in — daar word beplan om die huidige vakante posisies via ‘n aanlyn verkiesingsproses vóór die jaarvergadering te vul. Verwag dus kommunikasie vanaf die Registrateur se kantoor rakende hierdie aanlyn nominasie- en verkiesingsproses.
Bevestig asseblief jou belangstelling om aan die jaarvergadering deel te neem deur ‘n e-pos na konvokasie@sun.ac.za te stuur. Sodoende kan ons jou kontakbesonderhede opdateer en verseker dat jy al die nodige inligting kry.
- KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek aan te teken.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.