Wat is nou lekkerder as heerlike kos en goeie geselskap om die somervakansie ekstra spesiaal te maak … So, voordat jy weer die wêreld van werk aandurf, nooi die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge jou na ons heel eerste virtuele kookdemonstrasie.
As spesiale bederf sal Matie-alumna en voedselkonsultant, Heleen Meyer, ons alumni in Europa in haar kombuis verwelkom, waar sy heerlike resepte sal maak wat jy dalk by jou laaste braai van die seisoen kan geniet.
Om jou aptyt aan te wakker — stel jou voor kerrie- of suurlemoen- en kruie-sosaties, bykosse soos mieliebrood of bruinrys en lensies, en vir nagereg, karringmelkpoeding met ‘n bessiesous of donkersjokoladetruffels, om maar slegs ‘n paar van haar disse te noem. KLIK HIER vir die bestanddele wat jy gaan benodig indien jy saam met Heleen wil kook.
Wanneer: Donderdag 26 Augustus 2021
Tyd: 19:00 tot 20:15
Waar: Aanlyn (Zoom)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 20 Augustus 2021.
(Die skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
Trek jou voorskoot aan, berei ‘n drankie voor, maak seker jou kamera is aangeskakel en sluit aan vir ‘n kookervaring uit die boonste rakke. Kom ervaar gerus die inspirasie en insig van ons Matie-netwerk!
Ons sien daarna uit om jou by hierdie virtuele byeenkoms te verwelkom.