Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) van Kaapstad se Noordelike Voorstede nooi jou na ‘n laatontbyt met die tema Die Verborge Las (The Hidden Load). Hierdie geleentheid gedenk Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart oor die wêreld heen gevier word. Ons paneellede deel navorsing oor geestelike lading en die tol daarvan op vroue. Hierdie verborge las word gesien as die ladingsdruk om al die onderskeie praktiese, emosionele, sosiale en ander verantwoordelikhede as ‘n geïntegreerde geheel te orkestreer, terwyl werk‑lewe-kruispunte en die gevolge daarvan boonop oorweeg moet word. Die aanwesiges kry die geleentheid om by die gesprek aan te sluit, gevolg deur ‘n krabbel‑en‑inkleur‑breinaktiwiteit om nuwe en boeiende gesprekke aan te wakker.
Ons paneellede is:
Prof Ronelle Carolissen, Universiteit Stellenbosch: Kliniese Sielkundige; Professor in Sielkunde en NNF-navorser; en
Dr Therina Theron, Universiteit Stellenbosch: Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie.
Besonderhede van die geleentheid
Datum: Saterdag 25 Maart 2023
Tyd: 09:15 tot 12:30
Venue: Durbanville Protea Hotel (Aanwysings)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na swan@sun.ac.za om te RSVP teen Maandag 22 Maart